25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998)

p499

184

185

186

187

188

189

190

191

192

193

194

195

196

197

198

199

200

201

202

203

204

205

206

207

208

209

210

211

212

213

214

215

216

217

218

219

220

Hanlie: Ek vra die vraag so snaaks, omdat ek dink 'n baie groot persentasie mense nog

steeds dit sou verkies ………………

Johan: Ek sou graag hier wou inkom, want ek is een van daai. Ek praat nie van

verpligte segregasie nie, waar die een minder geleenthede het as die ander een nie, ek

praat van, gun my die geleentheid om in Afrikaans skool te gaan, gun my die

geleentheid om in Afrikaans kerk toe te gaan, dit is my taal, dit gaan nie oor swart en

wit nie.

Hanlie: So dit gaan oor die taal by jou.

Johan: Dit gaan oor die kultuur. Ek is nie 'n Zoeloe nie, wat wil ek met Zoeloe kultuur

maak? Gun my om 'n Westerse opera in die Staatsteater te gaan kyk, moet dit nie wil

wegvat net omdat ek die minderheid in SA is nie. Dit is net so verkeerd as wat ons

gehad het, wat jy dit noem weet ek nie, dit is seker obviously nie aparte ontwikkeling

nie. Maar gun my wat ek is, om ook te wees in die nuwe land. Ek wil net iets noem, ek

weet nie of mense hierdie ding gesien het van die Hervormde Kerk. Ek gaan vir elkeen

enetjie gee, dit bly by die kerk. Toe ek dit lees, toe sê ek ja dit bevestig my punt.

Albert: As ek net die eerste paragraaf kan lees: “Dit maak nie sin vir die Hervormde

Kerk om te bely oor apartheid nie, want Afrikaners voel doodgewoon nie skuldig nie”

skryf die Hervormer as amptelike spreekbuis van die Hervormde Kerk na aanleiding

van die debat wat ontstaan het. Wat sê julle daarvan?

Johan: Veral hierso, party mense voer aan dat hulle nie bewus was van die moorde en

menseregte skendings en dat hulle afsonderlike ontwikkeling ondersteun het, en nie

moord nie. Die destydse gebeure moet gesien word teen die agtergrond van 'n

burgeroorlog. Al hierdie dinge wat ons nou hoor voor die WVK, wreedhede, dit is nie

alles as gevolg van apartheid gepleeg nie. Daai ouens het uitgerafel omdat hulle iets

anders verdedig het as apartheid. Ons het laas ook oor die kommunistiese bedreiging

gepraat, waar party ouens gesê het dit is nie so erg nie.

Albert: My vraag is net, as ouens hierdie tipe van teen-argumente voer, van die

moorde, die mense regte skendings en so aan, ek stem 100% daarmee saam want ek

was ook nie bewus van die goed nie. Maar wat 'n mens wel tog moet sê is dat ons

sommige van daai goeters, ten minste vermoed het. Al het ons nie bewyse gehad nie,

was daar die gerugte van die goed. Dit aan die een kant. Maar dit is vir my om die punt

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!