25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p126

Southern winds that were beginning to blow down the mighty citadels of

segregation. They were caught off guard and bewildered and asleep.’”

Malan (1990:37), verlangse familie van dr. D.F. Malan, praat oor sy pa: "He truly

believed apartheid's central lie, its promise to create a world in which blacks and whites

were separate but equal, and he was incapable of seeing the suffering it was inflicting

meanwhile." Dit was waarskynlik waar van meer wit Afrikaners. Ons het die leuen

geglo. Ons was gemaklik binne die leuen terwyl ons “torn apart families, uprooted

communities, made discriminating laws and enforced them with harshness… The gulf

of mis-apprehensions, fear and hatred between white and black has reached alarming

dimensions…” (Nicol, aangehaal in Bosch 1988:99).

Teenoor die wit Afrikaner se gemak binne die leuen, stel Klaaste

(1995:16) wat die redakteur van die Sowetan koerant van 1988 tot 2002

was, dit in hierdie woorde: “The first thing that you must understand is

that black people are weakened; that in most cases their structures

regarding the family, finances, language, education and health was

totally destroyed by apartheid.”

Die politieke kommentator Willem De Klerk (2000:31) verwys na die sewe sondes van

apartheid, of die areas waar die beleid misluk het. Hy noem dit: ordelikheid (die orde

wat apartheid wou bring, het misluk), rekenkunde (hoe kan jy 37 miljoen mense in 30%

van die grondgebied probeer huisves terwyl jy tien miljoen wit mense op die

oorblywende 70% vestig?), balansstate (die beleid het astronomiese bedrae gekos),

immoraliteit (die leuen dat apartheid aan ander gee wat jy aan jouself gun), rassisme

(wit is gelyk gestel aan rassemeerderwaardigheid en swart aan rasseminderwaardigheid),

nasionalisme (die vryheidsdrang van swart nasionalisme het apartheid

die deur gewys) en ingewikkeldheid (wat verraai het dat 'n onheilige geknoeiery aan die

gang is).

Uit die reaksies van die mede-navorsers sou ek die effek van apartheid wou beskryf in

terme van vyf breë areas: twee leefwêrelde, die verlies van menswaardigheid,

rassisme, paternalisme en die kwessie van groot en klein apartheid. Hierdie vyf temas

is in die gesprekke genoem en het algemeen onder byna al die mede-navorsers

voorgekom.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!