25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p232

Wanneer Kuperus (2011:7) verwys na die NG Kerk se rol in die nuwe Suid-Afrika,

beskryf sy dit as “Inconsequential, but not absent.” Oor die stem van die NG Kerk

gebruik sy woorde soos “muted,” “reluctant” en “more divided” (Kuperus 2011:9). Ten

spyte van die NG Kerk se her-verbintenis tot die Afrika kontinent en ekumeniese

betrekkinge met ander kerke, reken sy “it appears as though the NGK’s public

engagement may be shifting back to a position as ‘defender of its flock’” (Kuperus

2011:11). Hierdie posisie word ondersteun deur Cilliers (2011:elektroniese bron) as hy,

met verwysing na die antropoloog Mary Douglas se sosiale kontekste, aantoon dat

daar tekens is dat die NG Kerk weer besig is om ʼn nuwe enklawe van afsondering te

skep.

Vir Kuperus (2011:11) is die NG Kerk se sukkelpad in die hereniging met die VGK en

die ander kerke van die NG Kerk-familie die grootste teken van hierdie terugtrek-aksie:

“The NGK’s reluctance to pursue church unification is the most obvious sign of the

NGK’s most recent shift, but other evidence exists...”. Hieroor vra Mike [10-308] die

voor die handliggende vraag: “Hoekom is daar in ons kerk net blanke

mense?”

4.5.3 Die NG Kerk en kerkhereniging

Dat die belydenis van Belhar in die gedagtes van lidmate die kernkwessie oor

kerkhereniging is, is duidelik: Die Gereformeerde kerke – NG Kerk – spook

steeds met die Belhar belydenis en die kerkeenheid. Ek dink dit

is jammer [Isak 16-390] en Soos wat die NG Kerk gekom het met baie

goeters oor jare... hak hulle vas by die belydenis van Belhar

[Frans 9-758]. Ons lees die Kerkbode en al wat ek daar sien en wat

ek al so fed-up is, is die Belhar belydenis. Hulle mors die tyd

om siele te wen met die Belhar beleid [Danie 13-328].

Die inhoud van die Belhar belydenis dra vir verskillende mense verskillende gewig.

Danie [13-562] distansieer homself geheel en al van die belydenis: Hulle moet dit

los, dit is ʼn afgeforseer belydenis wat vir my niks beteken nie

terwyl dit vir Linda [13-571] bloot mensewerk is – asof die ander belydenisskrifte nie

ook mensewerk is nie: Dit is ʼn belydenis wat deur mense geskryf is en

ons bely ʼn lewende God. Verstaan jy? En dit is die punt. Ons wil

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!