25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p109

Vanuit ʼn akademiese perspektief argumenteer Strauss (2005:560) dat die Belhar

belydenis nie gaan oor “kernwaarhede van die Bybel” nie, maar slegs oor “periferiese

morele waardes”. Dames (2012:31) reageer hierop deur te sê dat hierdie argument van

Strauss die outentieke belewenis van apartheid van die lidmate van die NGSK en die

VGK afmaak as onbelangrike randsake: “Strauss’ (2005:572-573) remark, that the

Confession occupies itself with peripheral issues and not with central faith issues,

totalised the DRMS/URCSA’s pre- and post-1994 authentic experience into moral and

peripheral issues” (Dames 2012:31).

Hartney (2011:elektroniese bron) reageer ook op Strauss (2005) met sy “Eksegetiesteologiese

ondersteuning van die Belydenis van Belhar.” Hierin voer hy aan dat die drie

temas waaraan Belhar aandag gee, naamlik eenheid, versoening en geregtigheid wel

kernsake van die Skrif is en nie net randsake nie. Hy kyk na beide die Ou- en Nuwe

Testament en gee veral aandag aan Paulus se briewe. Die slotsom waartoe hy kom is

dít:

ʼn Belydenis, alhoewel dit “quia” is, kan nooit soos die Skrif die laaste

woord spreek nie en is daarom nooit afgesluit nie maar het altyd ʼn oop

einde.

ʼn Belydenis is egter meer as etiese uitsprake van die kerk. Uit

voormelde ontledings, is ons gevolgtrekking, dat die Belydenis van

Belhar is na sy inhoud werklik ʼn belydenis (sic) (“marturein” en

“homologein”).

Die Belydenis van Belhar handel soos blyk uit hierdie studie, nie oor

periferiese morele waardes nie, maar wel met kernwaarhede van die

Skrif (Hartney 2011:103).

Intussen het die NG Kerk in 2007 besluit om lidmate op ʼn informele basis te toets oor

kerkhereniging en die aanvaarding al dan nie van die Belydenis van Belhar. Die

resultaat van hierdie kwalitatiewe ondersoek het volgens Strauss (2010:138) aangedui

“...dat daar groot weerstand teen Belhar in NG Gemeentes bestaan. ʼn Weerstand wat

die aanvaarding van Belhar in die NG Kerk vir die huidige onmoontlik maak.”

Die volgende dramatiese skuif hieroor het gekom van die leierskap van die Sinode van

die Wes- en Suid-Kaap. Die moderatuur het by die sinode aanbeveel dat die Belydenis

van Belhar aanvaar moet word. Tydens die sinodesitting in Mei 2011 het hulle toe met

544 stemme teen 124 die volgende besluit geneem:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!