25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 19: Uitnodiging

p715

Ned. Geref. Gemeente Welkom-Suid

Posbus 1561, Welkom, 9460

Beste ____

Jy word genooi om te kom deelneem aan die besprekingsgroep "Hoe leef ons in die

nuwe SA?"

In die jongste Kerkbode skryf die redakteur in die hoofartikel die volgende:

Moderne Afrikaners het in sommige gevalle probleme met hulle verlede, is

in baie gevalle ontevrede met hulle hede en is in die meeste gevalle

onseker oor hulle toekoms. As daar 'n tyd was dat Afrikaners diep en

ernstig oor hulleself moes nadink, is dit seker nóú... Gaum, F, Die

Kerkbode 17 Julie 1998, pp.4.

Ek reël 'n reeks byeenkomste om te praat oor hierdie baie aktuele saak. Die doel van

die vergadering is om lidmate te begelei om 'n sukses van die "nuwe" Suid Afrika te

maak. Dit proses sal ook opgeteken word en sal, met die goedkeuring van die lede van

die groep, die basis vorm van my doktorale navorsing. Die eerste byeenkoms vind

plaas op 30 Julie om 6.50 vir 7nm in die Koffiekamer. Hierdie geleentheid sal gebruik

word vir die volgende:

Uiteensetting van die doelwitte vir die byeenkomste.

Beplanning vir die res van die byeenkomste.

Vasstelling van reëls vir die gesprek.

Geleentheid om mekaar te leer ken as mense wat elkeen 'n unieke belewenis het

in die nuwe SA.

Tydens die daaropvolgende sewe byeenkomste sal ons aandag gee aan die

volgende sake (nie noodwendig in hierdie volgorde nie):

Hoe het apartheid in jou lewe gekom en watter rol het dit gespeel?

Hoe het ons in die verlede gedink oor apartheid?

Hoe dink ons nou daaroor?

Hoe het ons gedink het swart (d.i. nie-blanke) mense gedink oor apartheid?

Waarvan het ons geweet of nie geweet nie (of wou ons nie weet nie) in die ou

Suid-Afrika?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!