25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p140

Hierdie name word gewoonlik deur wit mense gekies en gegee. Hierdie

“wit” naam word nie normaalweg saam met die persoon se van gebruik

nie, ten spyte van die geweldige waarde wat swart mense heg aan hulle

vanne. Soos Du Preez (1997:67) sê: “Addressing a person by his name

is a form of acknowledgement and African people in particular are proud

of their surnames.”

Op ʼn dieper vlak is daar ook die kwessie van verwysing na swart mense as ʼn

kollektiewe geheel. Vir wit mense was dit algemene praktyk om met die term nieblankes

te verwys na alle ander groepe mense wat nie wit mense was nie. Hierdie

gebruik neem wit-wees as die norm en alle sogenaamde ander mense word dus

geklassifiseer as sou hulle nie behoort tot of, per implikasie, voldoen aan die vereistes

van hierdie norm nie.

Toe hy gevra word hoe Afrikaners na sy mense moet verwys, antwoord,

Tsebe (in Meiring 1975:76) so: “Sê maar swartmense. Veral nooit nieblankes

nie! Dit is ʼn negatiewe begrip. Dit sê wat ons nie is nie. Ons wil

wees wat ons is.”

In my persoonlike gesprek met ʼn ouderling van die NGKA, gebruik hy

dieselfde woorde. Hy sê apartheid het twee groepe mense

geskep, mense en minder mense, mense en nie-mense

[Albert 6-074].

ʼn Soortgelyke posisie word ingeneem deur Buthelezi (in Meiring

1975:148): “Die feit dat ‘Africans’, Indiërs, Kleurlinge, almal gesamentlik

as “nie-blankes” geklassifiseer word, bewys dat aan hulle die identiteit

van "nie-mense" – mense wat eintlik maar net in die skaduwee van die

wit mense mag leef – toegeken word.”

Buthelezi gaan dan voort: “Teologies gesien beteken dit dat hulle eintlik

nie na die beeld van God geskape is nie, maar na die beeld van die wit

man.” Meiring antwoord dan daarop: “Ek dink nie mense wat van nieblankes

gepraat het, het ooit daaraan gedink nie! Hulle het dit nie so

bedoel nie...”. Waarop Buthelezi dan hierdie belangrike antwoord gee:

"Dit kan wees. Maar op my mense het dit 'n geweldige invloed gehad.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!