25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p31

9.1.3.2 Beperktheid van taal

Die lewe word geleef en verstaan deur sosiaal gekonstrueerde narratiewe (Kotzé &

Kotzé 1997) en ons gebruik gesprekke as die manier om ons werklikhede te

konstrueer. Kennis is nie die objektiewe weergee van 'n eksterne realiteit nie, maar die

sosiale konstruksie van mense wat poog om saam te leef in hierdie wêreld (Freedman

& Combs 1996). Een van die winspunte van die postmoderniteit is juis om hierdie

beperktheid van taal te erken.

In hulle strewe daarna om sin te maak van ervaring en van die lewe self, rangskik

mense “their experiences of events in sequences across time in such a way as to arrive

at a coherent account of themselves and the world around them... [t]his... can be

referred to as a story or a self-narrative” (White & Epston 1990:10). Hierdie selfnarratiewe

sal ons later weer terugvind in die verhale oor apartheid wat die medenavorsers

vertel. Postmoderniteit laat ons die ruimte om alle stories as gelykwaardige

selfnarratiewe te erken sonder om dit noodwendig te vergelyk met een of ander “regte”

verhaal.

9.1.3.3 Misterie van verstaan

Die modernisme staan op die strewe na sekerheid deur die verwerwing van

wetenskaplike kennis oor alles en almal. Teenoor hierdie gewaande wete laat die

postmoderniteit ruimte vir onsekerheid en meervoudige “waarhede”, dit laat ruimte vir

die betekenis van misterie (Van Niekerk 2005:64). Van den Berg (2006:171) stel dit so

in die outobiografiese onthulling: “Vandag kies ek om my geloof in God te bely as deel

van 'n misterie. Dié uitsig het inderdaad gelei tot 'n verandering in tongval, maar die taal

van die geloof bly dieselfde.”

9.1.3.4 Betekenis van konteks

In 'n onderhoud met die tydskrif Time (1963:elektroniese bron), kort na sy aftrede,

herinner die Duitse teoloog Karl Barth die kerk en leraars daaraan dat hulle nie in

afsondering leef nie en daarom beide die Bybel en die koerant moet lees. Daarmee het

hy aangedui – wat ook later in die postmoderniteit na vore kom – dat die konteks

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!