25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998)

p489

550

551

552

553

554

555

556

557

558

559

560

561

562

563

564

565

566

567

568

569

570

571

572

573

574

575

576

577

578

579

580

581

582

583

584

585

586

Albert: Ek wil net gou 'n brief lees. Antjie Krog skryf van 'n brief wat Tutu gelees het, 'n

brief in Afrikaans: "Dan huil ek vir dit wat gebeur het, al kan ek niks daaraan verander

nie. Dan soek ek in my binneste om te verstaan hoe is dit moontlik dat daar niemand

eenvoudig geweet het nie. Hoe is dit moontlik dat so min iets daaraan gedoen het, dat

ek ook maar baie keer net toegekyk het. Dan wonder ek hoe is dit moontlik om met

daardie skuld en skande in die binnekant te lewe. Ek weet nie wat om te sê nie, ek

weet nie wat om te doen nie, ek vra u hiermee om verskoning. Ek is jammer vir al die

pyn en die hartseer, ek sê dit nie maklik nie, ek sê dit met 'n hart wat stukkend is, met

trane in my oë". Dis 'n blanke iewers wat dit verwoord, wat baie van ons ook dalk sê.

Ek wou net nou al die opmerking maak: Dit wat dalk 'n probleem is by baie mense om

op die punt te kom dat hulle suksesvol vorentoe kan aangaan, is dat hulle maar nog

steeds nie 'n oog het vir die diepte van die seer, van hoe mense werklik seergekry het

in die ou bedeling nie. En dan maklik hulleself regverdig – en dit is hoekom ek

aanmekaar die vraag vra – deur te sê ek praat nie meer van 'n kaffer of 'n meid nie.

Asof dit dan genoegsaam sou wees om te herstel dit wat verkeerd gegaan het. Dit

plaas onmiddellik Elsa se vraag op die tafel: wat van die grondeise, wat van

regstellende aksie, ander goed soos die kwota stelsel; die nuwe arbeidswetgewing wat

sê as 'n maatskappy groter as 'n sekere aantal is, dan moet hy die

bevolkingsamestelling weerspieël, met ander woorde 80%, 90% swart en die res blank.

Wat maak ons daarvan? Wat maak ons met 'n kwotastelsel by die Universiteit, as ons

kinders aansoek doen by die Universiteit, dan sê hulle jou punte van 80% is goed,

maar ons kan net vyf blankes vat, daar is 'n klompie swartes wat se punt net 70% is, hy

kry toelating en jy nie.

Isak: Dit kan die vergeldingsgevoel – en ek sê dit nie negatief nie – regstel, aanspreek

in 'n mate, Maar jy kan nie op grond daarvan vorentoe 'n samelewing bou nie, jy kan

regstellende aksie hê en baie mense wat nie voorheen werk gehad het nie, het nou

werk. En baie blankes wat voorheen net kon instap en maklik werk kry, kry dit nie meer

so maklik nie – dit is reg, ons kan dit doen. Maar ons kan nie 'n samelewing vorentoe

bou wat vir swart, blank en Indiër in hierdie land welvaart gaan skep, waar ons almal

materieel goed kan lewe nie. Want welvaart is nie iets wat jy kan uitdeel nie. Al is daai

stukkie huis so groot, is dit welvaart, dit is nie iets wat vir jou uitgedeel word nie, dit is

iets wat jy moet verwerf. As Frans sy welvaart kon verwerf met 'n drie verdieping huis

wat tien keer groter is as myne wat ek kon verwerf op my meriete, dan het ons 'n

samelewing geskep. Maar as daar welvaart geskep word, 'n gemeenskap geskep

word, om nou reg te stel wat verkeerd is, deur hand-outs, deur uitdeel, op daai manier

word mense aangestel, kry mense grond, by all means. Een van die hartseerste dinge

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!