25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p64

stemreg vir swartes afgeskaf [Danie 2-206]. ʼn Standpunt hieroor wat

meermale gehoor is, is die volgende: Die NP het hierdie rasse-wette geërf

en dit verfyn, hulle praat van hulle het dit gesistematiseer

[Danie 2-183].

Segregasie was aan die orde van die dag, nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal.

Hilliard (1998) mag wel beweer dat Suid-Afrika uit pas was met die res van die wêreld

in 1948, maar toe die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike in 1949 goedgekeur

is, was dit ook wet in dertig Amerikaanse state (Giliomee 1998:14). Plaaslik was

segregasie aan die orde van die dag. Swanepoel (1997:105) haal vir Welsh, die

skrywer van The roots of segregation: native policy in colonial Natal, 1845-1910 aan: "It

is a myth that apartheid is the exclusive product of Afrikaner nationalism: its

antecedents are to be found in Natal rather than in any of the other provinces." Dan

gaan hy voort en skryf dat hy eers onlangs ontdek het dat daar was “voor die veertig

jaar van apartheidsregering ʼn honderd en twee jaar se imperiale en koloniale regering

in KwaZulu-Natal” (1997:105). Reeds in 1848 was een kwart van die swart bevolking

van KwaZulu-Natal van hulle tradisionele grond verskuif (94) en meer as een miljoen

hektaar Zulu-landbougrond is vir wit boere gegee deur die Britse koloniale regering

(Swanepoel 1997:91). Kinghorn (1994:149) stel dit so: “Officially apartheid came into

being in 1948, but much of the legislation associated with apartheid dates back to the

period before. In fact, the first segregation legislation in South Africa can be found in

the previous century in Natal.” Ook ander bronne ondersteun hierdie standpunt: “Die

Engelse koloniste het die voorbeeld gestel in ons land” (De Klerk 2000:37).

Rassisme was nie die alleenreg van die Afrikaner nie (Villa-Vicencio & Niehaus

1995:18). Die Britse minister van Naturelle Sake word aangehaal dat hy in 1910 gesê

het: "The black man is incapable of civilization" (Swanepoel 1997:90). In die groep

rapporteer Danie oor sy eie navorsing rakende die militante vakbonde in die tydperk

1880 tot 1890: Daar (was) ’n Engelsman in beheer van hierdie

vakbonde, in hulle geskrifte is daar gevind hierdie manne het

gepraat van the dirty, evil, smelling kaffirs [Danie 2-195].

Rassisme was inderdaad ʼn internasionale aangeleentheid waarteen die plaaslike

bevolking nie immuun was nie. Davidson (1987:3) maak hierdie opmerking "The racism

that we know was born in Europe and America from the cultural need to justify doing to

black people, doing to African people, what could not morally or legally be done to

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!