25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p280

en ekonomie” weet nie en Masterjack (skuilnaam) sê “Dis wanneer jy jou rug op God

draai, dan word K4 baas...”.

Dikwels is die rassisme baie meer verskuil as bogenoemde voorbeelde. Temming

(2012:elektroniese bron) skryf oor hoe wit Afrikaners verskillend reageer op moorde op

plase as op moorde in townships. Sy verwys ook na soortgelyke reaksies ten opsigte

van motorongelukke: “As vyftien pendelaars in ʼn minibus op pad werk toe in ʼn botsing

in Soweto sterf, is die meeste lesers nie gepla nie. Maar laat ʼn driejarige seun met blou

oë in ʼn Pajero 42 ná ʼn luukse wegbreeknaweek in ʼn ongeluk sterf...”. Hierdie selfde

tema is ook deur die mede-navorsers [Elsa 9-601 en Hanlie 12-402] aangeraak. Ook

hulle betrap hulself dat hulle in rasterme dink oor motorongelukke.

Krog (2005:25) skryf oor mense wat genoem word “wedergebore rassiste”: “Mense het

gedink as ons net die swartes goed behandel, sal ons reg wees.” Gouws

(2012:elektroniese bron) skryf na aanleiding van ʼn inbel radioprogram waaraan sy

deelgeneem het. Sy skryf inbellers “luister met ideologiese gehoorstukke en bevestig

presies die rassisme waarvan ons gepraat het. Hulle praat uit ’n posisie van wit

meerderwaardigheid...”. As verdere voorbeelde verwys sy na ʼn “plek wat swart mense

onwelkom laat voel” en “hoe wit mense ruimtes bewoon en ander op hul voorwaardes

toelaat. Die meeste van die tyd is dié wat wit is, nie eens daarvan bewus dat hul

optrede aanstoot gee nie” (Gouws 2012:elektroniese bron). Meer nog as rassistiese

dade, is die onderliggende houding van rassisme.

Die grondwetkenner en akademikus Pierre de Vos (2012:elektroniese bron) skryf op sy

blog oor hoe diep rassisme in wit Afrikaners ingebrand is:

One of the most deeply problematic aspects of life in post-apartheid

South Africa is that so many white South Africans continue to deny this

fact and seem incapable of confronting their own deeply ingrained

sense that as white people they are generally intellectually, culturally

and morally superior to most black people – although they think that by

making an exception for Nelson Mandela and Archbishop Desmond

Tutu they have overcome the racism within them.

De Vos se menings het egter nie ongesiens verbygegaan nie. In agt dae het hy 379

reaksies gekry, sommige ondersteunend, ander skerp veroordelend. Krog (2005:282)

42 ʼn Mitsubishi Pajero is ʼn gewilde luukse 4x4 sport-nutsvoertuig.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!