25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p255

deskriptiewe-empiriese uiteensetting gegee van die oorsprong van apartheid en daarna

die twee stelle data oor hoe wit Afrikaanse Christene oor apartheid en die verwante

sake dink. In hierdie hoofstukke is daar – tipies van die interpreterende taak – ook

gepoog “to better understand and explain why these patterns and dynamics are

occurring” (Osmer 2008:4).

In hierdie laaste hoofstuk sal iets van die interpreterende taak steeds na vore kom,

maar die klem sal veral wees op die normatiewe taak – “What ought to be going on?”

(Osmer 2008:4) – en in mindere mate ook die pragmatiese taak. Osmer (2008:4)

beskryf hierdie pragmatiese taak as “Determining strategies of action that will influence

situations in ways that are desirable...”. Dit kan immers nie anders nie as dat ʼn studie

soos hierdie ook aandag sal gee aan die vraag “How might we respond?” (Osmer

2008:4).

Die normatiewe en pragmatiese taak van die pastor kom in die volgende afdeling aan

die orde. Die titel van die verslag praat van ʼn “pastorale betrokkenheid” by lidmate. Dit

is hierdie saak wat vervolgens bespreek word.

1.3 Pastorale betrokkenheid

Vroeg in die heel eerste gesprek verduidelik ek vir die mede-navorsers dat ons mekaar

moet begelei om beter aan te pas, om 'n meer suksesvolle

deelname aan die nuwe SA te kan hê [Albert 1-025]. In aansluiting by Steier

(1991:170) wou hierdie navorsingsprojek ʼn “collaborative learning program” wees. Die

bedoeling was dat die mede-navorsers uit die navorsing self ʼn waarde sou put [Albert

1-127] en nie net diegene wat die navorsingsverslag na die tyd lees nie. In die

gesprekke sou ons mekaar kon uitdaag ten einde self ʼn “nuwe storie” (Müller 2000a:20)

te kan skryf. ʼn Belangrike aspek hiervan is natuurlik “locating their personal stories

within the framework of the Christian story” (Capps 1993:1).

Die beeld wat die beste verwoord hoe ek my betrokkenheid by die mede-navorsers

sien, is dié van die Ganzevoort (2009:6) wat sê die gids wat begelei, “is not an

omniscient narrator, but a fellow traveller.” As gids is my taak “guidance in the hidden

and forbidden zone of the sacred.” Dis nie net die mede-navorsers wat sin moet maak

in post-apartheid Suid-Afrika nie; as navorser staan ek en hulle in dieselfde skoene.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!