25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans

p582

773

774

775

776

777

778

779

780

781

782

783

784

785

786

787

788

789

790

791

792

793

794

795

796

797

798

799

800

801

802

803

804

805

806

807

808

809

Elsa: Ek beleef nie rêrig so iets nie. Frans sê nou vir jou ons gaan nie meer kerk toe

nie, maar in die tye wat ek in die kerk gekom het, gaan jy soontoe en dit is die gewone

ritueel, daar word uit die Bybel gelees en daar word vir jou gepreek. Ek het bitter min

gehoor oor hoe ons onself moet verander teenoor ander rasse en moet versoen met

die mense. Wat daar vir ons gesê is apartheid is ʼn euwel, ek het dit nie van die kansel

af gehoor nie.

Albert: Met ander woorde die kerk is nog soos altyd, dis business as usual.

Elsa: Weet jy hoe voel ek oor die kerk deesdae? Dit is ʼn klub. Die NG Kerk hier is ʼn

klub waaraan sekere groepe mense behoort wat graag soontoe wil gaan. Dit is nie oop

vir enige ou nie. Die swart mense gaan nog steeds nie na ons kerk toe nie. Die bruin

mense gaan nog steeds nie na ons kerk toe nie. Ten spyte daarvan dat die kerk jare

gelede oopgestel is. Daar is nie... die gesindheid is nog nie oop nie. Ek meen die NG

kerke is nog nie een nie, daar is nog steeds verskillende NG kerke vir die swartes en

die bruines en die wit mense. Ek meen, wat wys dit vir die lidmate van apartheid.

Albert: Nee ek hoor jou, nou daar is seker uiteraard baie wat ʼn mens daaroor kan sê,

maar ek dink jy is reg om te sê die gesindheid binne die kerke nog nie oop nie. Op

papier is die kerke oop. Dit is interessant, ek het nou die Sondag gepreek... Ek preek

vanjaar uit en uit volgens die leesrooster wat veral by die Engelse kerke gebruik word.

Die gedeelte nou die Sondag was Johannes sewentien van vers twintig waar Jesus vir

die dissipels bid. Dan bid Hy pertinent vir eenheid, want hy sê dat julle eenheid sal

maak dat die wêreld glo. Toe noem ek dit as ʼn voorbeeld dat die kerk in sy gesindheid

ʼn oop ontvanklike houding moet hê vir mense anders is as ons. Want die eenheid in

die kerk het niks te make met die eendersheid dat almal soos ek moet wees nie. Ons

moet ʼn eenheid met Christus wees wat na vore moet kom en so aan. Maar toe ek

daaroor preek toe dink ek ook daaroor maar ons is nie baie oop daaroor nie.

Elsa: Kyk ek het vir ʼn tyd lank ʼn Bybelstudiegroep hier bygewoon. En nou luister ek

maar so waaroor die vrouens praat. Ek bly liewers deesdae weg, ek kom te sterk oor

met wat ek wil sê. Mense neem aanstoot daaroor. Maar dat... die groot storie vir die

mense, die groepie wat ek nou daar bygewoon het, hoekom hulle nie wil hê die kerke

moet saamsmelt nie. Want dan gaan die swartes ons kerke oorstroom. So dit is nog

steeds hulle houding. Maar ek meen, goed wie is nou eintlik die kerk maar dit is die

sinode wat op die ou einde die besluit moet neem. Ek meen die sinode bestaan maar

uit lidmate en uit predikante uit. So maar dit is nog steeds die mense se houding. Hulle

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!