25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p165

hierdie land, hulle het geen sê gehad in hierdie land nie, en as

dit nie sonde is nie...

Die een oorweldigende indruk wat ek uit die gesprekke in die groep asook uit

lesersbriewe aan koerante en in algemene gesprekke gekry het, is dat wit Afrikaners

graag die boeke oor apartheid sou wou toemaak, om te vergeet wat gebeur het en om

oor te begin. Dit voel net vir my dat ons by ʼn punt moet kom soos

wat jy gesê het dat ons hierdie goed moet afsluit en moet

aangaan in die nuwe SA [Frans 1-469]. Op ʼn soortgelyke trant praat Terry

(1975:44) oor die Amerikaanse situasie: "We aren't responsible for the past… We didn't

do all that. We want to start over. Forget the past and think about the future."

7. Die rol van die NG Kerk in die tyd van apartheid

In die tyd van die ontstaan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vyftig jaar

gelede in 1962, het die beleid van apartheid die steun van die NG Kerk geniet. Van

daardie tyd tot in 1994 het die posisie van die NG Kerk dramaties verander. In die

volgende afdeling word aan hierdie verskuiwing aandag gegee.

7.1 “Die backbone van apartheid”

ʼn Kritiese buitestaander kan verstaan dat lidmate groot probleme met die NG Kerk het

[vergelyk Hanlie 1-557]. Die NG Kerk het tydens apartheid ʼn posisie ingeneem waarin

die belange van die lidmate bo dié van die Koninkryk van God gestel is. Volgens die

kritiek van die Sendingkerk was apartheid se uitgangspunt die onversoenbaarheid van

mense en daarom moes hulle apart gehou word – ook in die kerk: “Die politieke en

kerklike bestel van Suid-Afrika is ’n bestel waarin onversoenbaarheid tot ’n

samelewingsbeginsel verhef word” (NG Sendingkerk 1982:elektroniese bron).

Ook uit eie geledere het die NG Kerk oor jare die boodskap teen die teologiese

begronding van rasseskeiding gehoor. Verskillende mense het oor die jare hieroor

uitsprake gemaak, onder ander Marais (1952) en Naudé (1995:79; 86). In 1986 skryf

Borchardt (1986:85): "Dit is jammer dat die NGK nie bly weerstand bied het teen die

groeiende neiging tot geskeidenheid tussen wit en swart in die kerk nie. Die kerk is

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!