25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p273

geskei te hou in twee aparte wêrelde. Dit maak dat daar min begrip vir swart mense se

ervarings is. Daar is egter ook ʼn onwilligheid en klaarblyklike onvermoë om afstand te

doen van beskouings van meerderwaardigheid wat oor jare gekweek is.

Solank skuld, vooroordele en bevoorregting nie erken en hanteer word nie, solank die

aparte wêrelde van apartheid nie oorkom word nie, is dit ʼn los draad wat enige tyd weer

kan uitrafel, soos wanneer daar oor regstellende aksie gepraat word. Dieselfde draad

rafel ook uit as daar oor die toekomstige rol van die NG Kerk of die Belydenis van

Belhar gepraat word. Diegene wat met los drade die toekoms wil aanpak, loop die

gevaar om gepootjie te word. In die res van hierdie hoofstuk sal die los drade keer op

keer na vore kom.

3.6 So moeilik om aan te beweeg?

Gedurende die afgelope paar jaar was daar verskeie voorvalle waar die los draadjie

mense gepootjie het. In hoofstuk vier is verwys na die twee modelle se ongelukkige

Twitter-tirades (Hartley & Germaner 2012:elektroniese bron) en die gefrustreerde

student se Facebook-fiasko (John 2012:elektroniese bron).

In dieselfde hoofstuk is ook verwys na Annelie Botes wat praat oor swart mense:

In my grootwordjare op Uniondale was daar geen swart mense nie. As

daar een rondloop, was dit ’n bandiet wat dros. En dan moet jy

hárdloop, want hy gaan jou vang, nè... Ek wéét hulle’s net sulke mense

soos ek. Ek wéét hulle’t dieselfde regte as ek. Maar ek verstáán hulle

nie. En dan… hou ek nie van hulle nie. Ek vermy hulle, want ek’s bang

vir hulle (Retief 2010:elektroniese bron).

Dit is duidelik dat die los draad van apartheid se twee wêrelde vir Botes gepootjie het,

sonder dat sy dit eers besef het. Haar apartheidsjare-ervaring is steeds normatief vir

haar omgang met swart mense.

Daar is egter ook ander voorbeelde waar die los draadjie netjies vasgeknoop is. Dawie,

ʼn rubriekskrywer van Die Burger, skryf op 24 Mei 2008 ʼn artikel oor xenofobie – die

vrees vir “Die Ander”. Die ironie is dat die woord xenofobie ewe goed deur die woord

apartheid vervang sou kon word. Dawie (2008:18) skryf:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!