25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)

p399

403

404

405

406

407

408

409

410

411

412

413

414

415

416

417

418

419

420

421

422

423

424

425

426

427

428

429

430

431

432

433

434

435

436

437

438

439

Danie: Kan ek net iets noem, net 'n opmerking maak. Die een ding is dit hang baie van

'n mens se persoonlikheid af. Hoe jy dit vir jou verwerk gaan kry. Dit ander ding wat ek

lankal vir myself uitgemaak het, is rassisme bestaan wêreldwyd. Dit was altyd daar, dit

is daar en dit sal altyd daar wees. In hierdie lande wat ook so in oorlog met mekaar

verkeer, is dit blank teen blank rassisme. So die punt wat ek net wil maak is dat

rassisme ís, was en sal altyd wees.

Albert: Ons het net 'n baie spesifieke toepassing daarvan by ons gehad. Maar na daai

punt gaan ons terug kom op 'n stadium, Danie. Hier by die middelste gesprekke

voorsien ek dat ons daaroor sal praat.

Danie: Ekskuus, ek wil nie so lank hieroor praat nie, maar in ander lande, is mense... ,

in Amerika, maar hulle steek dit mooi onder die kombers weg.

Albert: 'n Mens kan die voorbeeld van Australië ook noem. Hoeveel van hulle

Aborigenes is oor? Daai argument sal ons moet aanspreek as ons vra wat is my skuld?

Wat is ons as blankes se kollektiewe skuld aan apartheid. Ek dink dit is 'n baie geldige

punt en ons sal 'n bietjie moet gaan dink oor daai punt.

Goed, Elsa, nog iets van jou?

Elsa: Ek wil net sê die eerste keer toe ek van apartheid bewus geraak het was in my

eie ouerhuis toe ek 'n klein dogtertjie was. Ons bediende het byvoorbeeld swart koffie

gekry uit 'n blikbeker uit, en my ma het nie botter op haar brood gesmeer nie, net

konfyt. En ek onthou dat ek my ma gevra het daaroor – ek kan nie meer onthou wat sy

geantwoord het nie, maar hulle het op daardie stadium gesê die swartes is slegter. En

ek het met daardie idee grootgeword en dit het van kleinsaf my gepla. Dit was nie reg

nie.

Albert: Sy moes ten minste vir jou 'n antwoord gegee het wat jou bevredig het op daai

stadium. Iets wat 'n genoegsame antwoord was.

Elsa: Maar ek weet ek het van kleinsaf die gevoel gehad dat dit nie regverdig of reg is

dat hulle so maak nie.

Albert: Daai gedagte van regverdigbaarheid is relevant vir ons gesprek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!