25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 15: Opvolggesprek met George

p661

Lewe na apartheid 2012 – Gesprek 15: Opvolggesprek met George

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

31

32

33

34

35

Albert: ʼn Belangrike lyn gaan wees een van versoening, want in ons ou bedeling het

ons op ʼn bepaalde manier gelewe, die wit / swart groepe, in aparte wêrelde. Dit sien

ons baie duidelik. Ons het nie geweet wat in hulle wêreld aangaan nie en hulle het ʼn

bietjie meer geweet wat in ons wêreld aangaan, want hulle het hier by ons gewerk.

Daar wat ʼn politieke sisteem en so aan. En nou is ons op ʼn nuwe sisteem en nou moet

ons op ʼn manier met mekaar saam leef. Versoening is vir ons met ander woorde ʼn

kardinale vraag. Leef ons versoenend? Speel die kerk enigsins ʼn rol daarin? Watter rol

speel die kerk? Want in die ou bedeling het die kerk aanvanklik ʼn baie negatiewe rol

gespeel. Die kerk het aanvanklik gesê maar apartheid is reg, die Bybel sê dit is reg. En

toe later van tyd hier in 1986 en toe in 1990 weer het die kerk nou verander en gesê

maar rassisme soos hy wat neerslag vind in apartheid is nie aanvaarbaar nie, ons bely

ons skuld daaraan en so aan. Dan die hele vraag sê lidmate dieselfde, voel hulle

dieselfde? En dink hulle hulle is enigsins skuldig? So dit is die temas wat ons op die

tafel sit. Maar kom ons begin voor, George. Sê eers wat is jou ervarings die laaste

veertien jaar min of meer. Jou werksituasie was ook nie net in ʼn wit wêreld nie nè?

Praat ʼn bietjie vir my daaroor.

George: My werksituasie van seker omtrent die afgelope agt jaar was oorwegend met

swart skole. Daar was blanke skole ook by betrokke en dan nou uit die aard van die

saak ook gemengde skole betrokke, verskillende kulture in een skool. Maar wat die

werksopset betref het ons geleidelik Sotho-sprekende kollegas ingekry in alle afdelings

van ons werk. Daarmee bedoel ek nou die ouens soos wat ek nou gedoen het, die

leerondersteuning vir leerders met leerprobleme en dan die maatskaplike werkers. Dit

is die twee groot groepe en dan ook in ʼn mindere mate terapeute, en as ons praat van

terapeute dan bedoel ek nou spesifiek spraakterapeute. Ek weet nie hoeveel

gekwalifiseerde swart, of Sotha-sprekende of ander taal sprekende spraakterapeute

daar is spesifiek nie. Ek het op ʼn kol geweet van één hier by Bongani Hospitaal maar

dié een is ook alweer weg en ek dink dit is nogal ʼn probleem vir ons.

Albert: So die mense met wie jy gewerk het, die kliente, en dan nou die kollegas met

wie jy gewerk het, het die laaste tyd aansienlik verander. Voorheen was dit hoofsaaklik

ʼn wit omgewing nè?

George: Ja, ons het die eerste keer ʼn swart kollega, ʼn Sotho sprekende kollega gekry,

laat ek nou net my kop in trurat sit, seker omtrent hier in 1995,96 ek dink hy praktiseer

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!