25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p215

ongekwalifiseerde erkenning te kry dat apartheid verkeerd was en mense benadeel het.

Soos Hanlie [12-700] dit stel: Dit is vir my tragies.

Isak [16-265] se standpunt oor skuld lyk aanvanklik ook na ʼn ontkenning. Hy skryf:

Ek het nie apartheid uitgedink en ingestel nie, ek

het daarin grootgeword en is geleer dat dit reg is.

Ek is op 17 jarige ouderdom opgeroep om weermag

diensplig te doen. Daar is ons geleer dat die

kommuniste en die terroriste ons land bedreig. Ek is

opgelei om ons land te verdedig.

Dit klink baie dieselfde as wat Buys (2011:elektroniese bron) sê wanneer hy praat by

die opening van die toneelstuk Tree aan! wat handel oor die grensoorlog tussen die

destydse Suidwes-Afrika en Angola. Buys regverdig die grensoorlog as ʼn stryd teen die

kommunisme en maak dit heeltemal los van die groter politieke prentjie met die

woorde: “Dit is immers nie die offisiere en soldate se skuld dat die politici nie daarin kon

slaag om ons opofferings en oorwinnings om te sit in ’n billike en regverdige bedeling

vir almal in die land nie” (Buys 2011:elektroniese bron).

Isak is egter meer gebalanseerd in sy uitspreek. Hy erken dat die kommunistiese

bedreiging net ʼn deel van die totale beeld is:

Ek het toe reeds stemreg gehad, en vir die regerende

party gestem. Ek het dieselfde minagting vir die

organisasies wat teen die regering se beleid,

diensplig ens. was, gehuldig. Ek het sekerlik ook

apartheids- en rassistiese dade gepleeg. So, ek het

skuld aan apartheid, kollektief en individueel [Isak

16-274].

Dit wat aanvanklik lyk na ʼn blote ontkenning is by nadere ondersoek baie meer

genuanseerd. Isak [14-218] sê wel die tyd van skuldig voel en skuldig

wees is verby. Tyd vir bely is verby maar dan gaan dit vir hom nie

daaroor om oë toe te maak vir die verlede nie, maar juis om nie te verval in wat ek

[Albert 14-234] ʼn verlammende skuld noem nie. [S]olank as die blankes

gaan skuldig voel en skuldig bly en al hoe meer in jou dop

kruip... [Isak 14-219] kan jy nie deel wees van ʼn positiewe toekoms nie. Daarom

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!