25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998)

p416

255

256

257

258

259

260

261

262

263

264

265

266

267

268

269

270

271

272

273

274

275

276

277

278

279

280

281

282

283

284

285

286

287

288

289

290

gesit. In ons jong dae hoe het ons mekaar, as ons praat van die Rooinekke en die

souties en die Dutchman en daai goed, daar was net so 'n vete en feitlik 'n apartheid

tussen die Engelssprekendes en die Afrikaanssprekendes in die klein dorpies. Ons het

mekaar vermy soos pes. As die regering nou gekom het en gesê het, Engels en

Afrikaans is nou apart, die boere is dommer so hulle moet nou onderdanig aan die

Engelse wees, dan het presies dieselfde gebeur. Ek dink die 1948 se wet het meer 'n

klem op die kleurskeiding gelê as wat ons as mense self gedoen het. Ons het

outomaties gekies met wie ons wou assosieer, die wetgewing het eintlik vir ons dan

nou voorgeskryf met wie ons mag assosieer. Ek dink die enigste verskil, waar

apartheid vir my ingekom het, dit was altyd daar, maar ek het dit gesien as andersheid,

maar die wetgewing het dit nou verander na: dit is soos julle sál – julle mag daar sit en

nie daar nie en julle moet hierdie toilette gebruik en nie daardie nie. Dis waar apartheid

ingekom het, daai geskrewe wetgewing wat vir my sê hoe moet ek dit hanteer, en ons

aanvaar die wet, ons is wet-liefhebbende burgers van die land. So as 'n wet geskryf is,

dan gaan ek volgens die wet. Van my beste maats wat saam met my groot geword het,

wat saam met my gespeel het…. Maar hy sou nie saam met my dinge gedoen het nie,

want dit was nie reg nie…. Baie moeilik.

Ben: Voor 1930 het daar nege-uur in die aand 'n klok gelui, as jy dan 'n swartman kry

het hy 'n maand tronkstraf gekry.

Mike: Dit was amper in die sestigerjare nog so gewees.

Frans: Na aanleiding van wat Danie nou daar gesê het (dit was baie interessant). Die

antwoord is basies – ons het dit geërf, die geskiedenis, die hele aanloop van

omstandighede. En in 1948 het daai regering dit toe geërf en hy het dit verfyn op die

wetboeke.

Mike: Dit het nie in ons lewe ingekom nie, maar ons het in apartheid ingekom.

Albert: Sê jy met ander woorde Frans dat ons nie gedink het daaroor nie?

Frans: Nee. Dit was amper 'n natuurlike uitvloeisel van die voorafgaande. Dit was

amper die logiese ding wat die regering van die dag moes doen om dit iewers te

konstrueer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!