25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p81

gegaan om veral die Afrikaanse gemeenskap te betrek by die nuwe Suid-Afrika. “He

was acutely sensitive not to trample on Afrikaner symbols” (Sparks 2003:129). Hierdie

situasie het handomkeer verander met die koms van Mbeki. Teenoor Mandela se

versoenende benadering, is Mbeki beleef as sou hy telkens fokus op die verskille

tussen die rasse. Swarns (2001:elektroniese bron) skryf oor die belewenis van wit

besigheidmense en sê: “Many have felt alienated by Mr. Mbeki, who has focused more

on rooting out racism and racial disparities than on promoting reconciliation.”

Vroeg in sy termyn was daar positiewe opmerkings oor wit mense. In sy staatsrede van

9 Februarie 2001 reik hy doelbewus uit na wit mense wat meegewerk het aan die

opheffing van swart mede-Suid-Afrikaners. “These include Afrikaner farmers and

professionals and historically white schools who have voluntarily decided to devote

time and resources to the development of the disadvantaged sections of our

population” (Mbeki 2001:elektroniese bron).

Hy openbaar egter ʼn ander gesindheid teenoor sy mede-landgenote wanneer hy

tydens ʼn staatsbesoek in Uganda na die wit mense van Suid-Afrika verwys as ʼn

spesiale groep kolonialiste (Mbeki 2005:elektroniese bron). Die oud-joernalis en tans

politieke kommentator Max du Preez (2009:elektroniese bron) stel dit só:

When Thabo Mbeki took over as president, all pretence went out the

window. Like most insecure men, he had an obsession with race. He

didn’t like white people much, – especially Afrikaners. He called them

“colonialists of a special kind”. In his mind you were either a “settler” or

a “native.

Dit is juis in die lig hiervan dat sy “stille diplomasie” met betrekking tot Zimbabwe se

besetting van wit boere se plase, groot skade berokken het aan sy beeld, veral onder

die wit mense van die land. Hieroor skryf Beeld (2004:elektroniese bron) na vier jaar se

stille diplomasie dat “pres. Thabo Mbeki se beleid van stille diplomasie tot dusver nie 'n

blou duit verskil in dié buurland gemaak het nie.” Drie jaar verder lewer Volksblad

(2007:elektroniese bron) die volgende kommentaar: “Suider-Afrika betaal ’n reusagtige

prys vir die Mbeki-bewind se stille diplomasie terwyl miljoene Zimbabwiërs ly in ons

sterwende buurland.” Die politieke joernalis, voormalige ANC lid en voormalige

direkteur van die Helen Suzman Stigting, R.W. Johnson (2009:619) sê Mbeki se

presidensie “ended in failure on every front.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!