25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p286

Krog 1998a:3). Die beleid van apartheid, en die onreg wat daarmee saamgegaan het,

was die breinkind van die Afrikaner. Daarom is dit ook net reg dat versoening ook direk

die Afrikaner sal betrek.

Krog (1998a:45) haal ʼn swart kollega aan wat versoening so beskryf: “Reconciliation

will only be possible when the dignity of black people has been restored and when

whites become compassionate.” Omdat die onreg van apartheid die menswaardigheid

van swart mense aangetas het, sal versoening ook by menswaardigheid moet begin.

Daar is bedenkinge oor hierdie moontlikheid. Nico Smith (aangehaal in Oosthuizen

2010:15) wonder: “As mense vir só lank in ʼn staat van onversoendheid geleef het, is

daar dan enige hoop dat hulle tóg eendag op ʼn wonderbaarlike wyse tot versoening sal

kom?”

Vir sommige is die oplossing eenvoudig: los net die verlede en gaan aan. Dis

gewoonlik wit mense wat so praat. Kollapen (aangehaal in Kassiem 2008:1) sê: "In

South Africa, reconciliation has been given a restricted meaning. It was just a case of

move on and not dwell on the past." So ʼn benadering doen egter die waarheid en die

slagoffers se ervarings geweld aan.

In die Suid-Afrikaanse konteks het Asmal, Asmal en Roberts (1997:46) die volgende

oor versoening geskryf:

it is the facing of unwelcome truths in order to harmonise incommensurable

world views so that inevitable and continuing conflicts and

differences stand at least within a single universe of

comprehensibility... Reconciliation is as shared and painful ethical

voyage from wrong to right, and also a settling of moral and political

indebtedness.

Gibson (2006:88) dink wyer as net die menseregtevergrype en wil alle bevoordeeldes

van apartheid insluit in sy definisie van versoening: “Reconciliation may therefore be

thought of as a continuum describing the relationship between those who were masters

and slaves under the old apartheid system, not just those who were victims or

perpetrators of gross human rights violations.” In die lig van die fokus van hierdie

navorsing, is hierdie definisie belangrik.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!