25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p75

beslaglegging op wit kommersiële boere se plase ʼn ekonomiese ineenstorting gehad.

Hierdie regeringsplan, en ander ondeurdagte optredes, het die land se inflasiekoers die

hoogte in laat opskiet, soveel so dat die BBC (2008b:elektroniese bron) daarna verwys

as “the highest inflation ever recorded.” Die Cato Institute van Amerika bereken die

inflasie op 14 November 2008 as 89 700 triljoen persent per jaar oftewel 89,7 maal 10

tot die mag 21 (Hanke 2010:elektroniese bron).

Dit is veral die lot van bejaardes in Zimbabwe wat dikwels wit Afrikaners bekommerd

maak. Baie van hierdie mense het na die beste van hulle vermoë probeer voorsiening

maak vir hulle aftrede. Ongelukkig kon hulle nie die hiperinflasie voorsien of hulle

daarteen verskans nie. Die gevolg was dat hulle spaargeld alle koopkrag verloor het en

hulle voorsiening dus van geen waarde is nie. Baie van hulle “leef van die aalmoese

van familielede en weldoeners in Amerika en Europa” (Pelser 2009:elektroniese bron).

Reeds in 2006 skryf die New York Times (Wines 2006:elektroniese bron) “bread,

margarine, meat, even the once ubiquitous morning cup of tea – have become

unimaginable luxuries.” Die vrees wat uitgespreek word, is dat Suid-Afrika dieselfde

pad sal loop as sy noordelike buurman. Wit Afrikaners het ʼn vrees dat wat in Zimbabwe

gebeur het – “foreign investors fled, manufacturing ground to a halt, goods and foreign

currency needed to buy imports fell into short supply and prices shot up” (Wines

2006:elektroniese bron) – ook hier plaaslik kan gebeur. Die herhalende negatiewe

boodskappe wat uit Afrika kom (Guest 2004) boesem nie juis vertroue in nie. Saam met

hierdie Zimbabwe-bekommernis was daar ook die kommer oor die groter-wordende

groep arm wit Afrikaners.

3.1.1 Wit armoede

Adjunk-president Mbeki (1998:elektroniese bron) het na Suid-Afrika verwys as “a

country of two nations”, een wit en ryk, die ander een swart en arm. Kommentators en

koerante het na hierdie beskrywing as “simplistic and dangerously populist” (Mulholland

1998:elektroniese bron) verwys. Só ʼn beskrywing mag miskien simplisties wees, maar

dit is nie sonder ʼn groot element van waarheid nie. Die gemiddelde wit persoon in Suid-

Afrika is ekonomies heelwat beter daaraan toe as die gemiddelde swart persoon. En

tog is dit nie die enigste wat hieroor gesê kan word nie. Die armoede-speelveld het

dramaties verander die afgelope jare.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!