25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p263

Om growwe skendings van menseregte te ondersoek was per se nie ʼn probleem nie.

Die onvoorsiene effek hiervan is egter dat die meerderheid wit Afrikaners hulle van die

proses kan losmaak deur die verweer dat hulle nie die oortreders was nie. Die meeste

van hulle was nie skuldig aan growwe skending van ander se regte nie. En daarmee is

die saak vir hulle afgehandel. Dis waarna Mike [byvoorbeeld 3-597 en 6-262] verwys as

hy homself telkens verskoon deur daarop te hamer dat hy swart mense nie sleg

behandel het nie

Die probleem hang saam met die taalgebruik. Die WVK bly praat van “perpetrators” en

die meeste Afrikaners was nie “perpetrators” in die sin wat die WVK die woord gebruik

nie. Dit is – ten minste vir die doel van hierdie navorsing – beter om te praat van die

“beneficiaries”, oftewel die bevoordeeldes van apartheid. Dit sluit elke wit persoon in

hierdie land in. En niemand kan dit ontken nie – sommige probeer wel, maar dit oortuig

nie.

Terry Bell (2001:1) kom die naaste aan hierdie waarheid as hy skryf oor die

tekortkominge van die werk van die WVK:

Most importantly, no serious examination was made of the system that

gave rise to some of the most horrific, racist social engineering of

modern times. Instead, there was a concentration on a proportion of

the individual victims who came forward and on their immediate

torturers, killers and persecutors. The narrowly focussed litany of

bloodshed and brutality often obscures more than it revealed.

Apartheid was presented as a caricature summed up by police

assassin and torturer Jeff Benzien demonstrating his ‘wet bag’ torture

technique during his application for amnesty...

Die ironie is dat hy sy eie insig nie opvolg nie. In die res van die boek skryf hy en

Dumisa Ntsebeza oor “the secret projects”, “the murderous activities of the South

African force and their surrogates in Transkei” en “those criminals who still remain in

positions of power.” Dis asof hy self nie raaksien wat hy sê nie. Die waarheid

aangaande die mislukking van die WVK is nie gesetel in die insidente van menseregtevergrype

nie, maar in die “system that gave rise to some of the most horrific, racist

social engineering of modern times” (Bell 2001:1).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!