25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p117

Die aanvanklike aankondiging van verandering veroorsaak 'n toename in energie en

positiewe gevoelens. Anders as sommige sisteme wat eers slegter moet word voordat

dit beter kan word, is die effek van verandering eers 'n positiewe opwelling en daarna 'n

negatiewe tydperk voordat dit (hopelik) weer positief draai (Rendle 1998:111). 'n

Relevante voorbeeld van hierdie aanvanklike positiewe opwelling sou in die konteks

van hierdie navorsing kon wees die euforie oor die vrylating van Nelson Mandela en die

onverwagse goeie gesindheid tydens die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika

in 1994. Die Springbok rugbyspan se verowering van die Rugby Wêreldbeker in 1995

dra verder by tot hierdie euforie. Weldra maak hierdie aanvanklike euforie plek vir

ander, ook meer negatiewe, gevoelens.

Rendle (1998:114) kombineer sy sinusgolfmodel met Bridges (1991) se drie-fase

proses van verandering. Wanneer 'n vertikale lyn deur die onderste draaipunt van die

golf getrek word, word twee onderskeibare helftes sigbaar. Links van die lyn is die

afskeidneem-fase met al die negatiewe emosies wat gewoonlik daarmee saam gaan.

Dit sluit onder andere emosies in soos skok, rou, disoriëntasie, verlange na die “ou

dae”, skuld, aggressie en woede. Dit kan ook lei tot onttrekking aan ander mense en

afsydigheid ten opsigte van die proses van verandering.

Regs van die vertikale lyn lê die emosies van hoop. Hier is reeds 'n besluit geneem om

deel te neem aan die verandering. Nou kom kreatiewe probleem-oplossende gedrag na

vore. Die emosies is ook meer positief en hoopvol.

Onder, op die draaipunt van die kurwe, lê 'n kritiese area. Iewers in die proses van

verandering moet elkeen daarby betrokke, 'n doelbewuste keuse maak om óf deel te

wees van die verandering, óf om te onttrek uit die proses. In Frans [1-471] se woorde:

Dit voel net vir my dat ons by 'n punt moet kom… dat ons hierdie

goed moet afsluit en moet aangaan in die nuwe SA. Die keuse om eerder

te onttrek aan die verandering loop daarop uit dat 'n persoon byvoorbeeld sy werk

bedank as gevolg van die verandering in sy werksomstandighede. Isak [8-128] vertel

van mense met dekades se diens wat 'n skeidingspakket aanvaar, want hulle kon

net nie die druk en verandering aanvaar nie. Ander kies eerder om die

land te verlaat en hulle heil elders – gewoonlik in 'n sogenaamde ontwikkelde land – te

gaan soek. Nie almal se onttrekking is egter so dramaties soos om te bedank of te

emigreer nie. Sommige mense emigreer intern. Hulle maak hulleself los van die

buitewêreld en leef hoofsaaklik na binne. Dit is veral in hoofstuk vier waar hierdie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!