25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p37

Kotzé en Kotzé (1997:27) verduidelik die konsep verder as hulle sê:

Sosiale konstruksie diskoers is ʼn postmoderne benadering wat ʼn

betekenisvolle epistemologie bied vir terapieë wat gesprek gebruik as

metode om mense te help. Kennis word gesien as die gevolg van ʼn

sosiale konstruksieproses en nie as die objektiewe beskrywing van

eksterne realiteite nie. Taal bied die parameters vir beide ons verstaan

en ons ervaring.

Die sosiale werklikheid bestaan “slegs in die bewussyn van mense” (Pieterse 1993:76)

en kan dus “nie los daarvan gesien word nie”. Hy gaan voort deur te sê dat hierdie

werklikheid ook “voortdurend deur mense self geskep en herskep” word deur hulle

“definisie van hulle situasie in terme van hulle eie konteks en ervaringe.” Die sosiale

werklikheid is dus 'n mens se eie skepping, en voortdurende herskepping, in die lig van

'n steeds-veranderende omgewing.

Fourie (2008:83) verwoord die sosiale konstruksiediskoers aan die hand van Freedman

en Combs (1996:27) só: “Die klem is... op die sosiale interpretasie en die

intersubjektiewe invloed van taal, familie en kultuur; hoe mense optree om dit wat hulle

gemeenskap as waar, werklik en betekenisvol ag, te konstrueer, te verbeter en in stand

te hou.”

Mense konstrueer hulle sosiale werklikheid deur die alledaagse interaksie met mekaar.

Om menslike tekste te verstaan moet dus gevra word na die onderliggende motiverings

vir die betrokke teks en die diskoerse wat daaragter lê. Daarom sê Dreyer (2003:335)

“Die sosiaal- konstruksionistiese model soek na die sosiale oorspronge van betekenis

en fokus op diskoerse eerder as individuele eksistensie.”

Mense leef in 'n wêreld van sosiale interaksie en in hierdie interaksie word die waarheid

gekonstrueer. Volgens Kogan en Gale (1997:102) is waarheid die resultaat van sosiale

prosesse wat tussen mense plaasvind en in taal uitgedruk word. Freedman en Combs

(1996:22) beskryf dit so: “Adopting a postmodern, narrative, social constructionist

worldview offers useful ideas about how power, knowledge, and ‘truth’ are negotiated in

families and larger cultural aggregations.”

Al word waarheid sosiaal gekonstrueer, impliseer dit nie 'n posisie van “anything goes”

(Müller & Pienaar 2003:141) nie – 'n beswaar wat dikwels teen hierdie benadering gerig

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!