25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p39

institution understand and operates in a normative way.” Hierdie kategorieë en

konsepte wat gebruik word om die waarheid te interpreteer ondergaan 'n verskuiwing.

Daarom kan Louw (1997:22) sê: “Tans opereer daar ander verstaans-kategorieë in

terme waarvan ook die God-mens-verhouding geïnterpreteer word.”

Die verhouding God-mens word al minder in ontologiese terme beskryf. Die verskil

tussen God en mens, die andersoortigheid in terme van synskategorieë wat poog om

menslike probleme te verklaar, maak plek vir ’n hermeneutiese paradigma. Dit beteken

dat pastoraat al minder probeer om probleme te verklaar, maar eerder fokus op

verheldering en verstaan van hierdie probleme. Die hermeneutiese paradigma wil

mense “die sin en betekenis van die God-mens-verhouding laat ontdek” (Louw

1997:22). Hierdie aanpak fokus dus nie op verklaar nie, maar op die ontdek van sin.

Die derde verskuiwing is weg van die sogenaamde verkondiging na vertolking en

storievertelling (Louw 1997:23). Die kerugmatiese benadering neem as vertrekpunt die

sonde van die mens. Die antwoord vir hierdie sonde is die genade in Jesus Christus.

Die kerugmatiese pastorale sorg “konsentreer dan net op die heelmaak deur Jesus se

bloed en die mens word verskraal tot ’n objek wat besig is om verlore te gaan” (Fourie

2008:161). Hierteenoor word die taak van die pastoraat nou verstaan om God só te

vertolk dat geloof sin maak in reële kontekste. Die mens se verhaal en God se verhaal

sluit by mekaar aan. God se verhaal moet verstaan, vertolk en geïnterpreteer word in

die lig van die konkrete werklikheid waarin die mens leef en die mens se verhaal moet

gelees word in die lig van God en die evangelie. In hierdie narratiewe aanpak moet

daar ’n fusie kom tussen die Godsverhaal en die mensverhaal. Capps (1993:1)

verwoord die taak van die pastoraat as volg: om mense te help “in locating their

personal stories within the framework of the Christian story.” Die vertel van narratiewe

kom staan nou sentraal:

Narrative story is not only what is holding us together: narrative is

equally crucial in understanding human life for all that we are, and all

what we do, and all what we think and feel is based upon stories, both

our personal stories and the stories of our significant community

(Webb-Mitchell 1995:215).

Die mens se verhaal moet vertel word en gehoor word binne die Bybelse verhaal van

Jesus se kruis en opstanding. Die verhaal van oorwinning moet inspeel op die mens se

verhaal wat dikwels met die eerste oogopslag 'n verhaal van mislukking is. Gerkin

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!