25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998)

p468

513

514

515

516

517

518

519

520

521

522

523

524

525

526

527

528

529

530

531

532

533

534

535

536

537

538

539

540

541

542

543

544

545

546

547

548

549

Johan: Soos wat hy toegepas is in Suid-Afrika van 1960 af, die tyd toe ons begin het

met die bos oorlog. Hoekom ek dit nou sê: Albert Letuli (dink ek) het in 1948 al vir

Malan gesê toe hy aan bewind gekom het, ons moet gaan sit en ons moet hierdie land

van ons verdeel dat hierdie verskille tussen ons uitgesorteer kan word. Toe het Malan

vir hom gesê aikôna, hierdie land is die blankes s’n. Toe vra die skrywer – ek weet nie

wie was dit nie, maar sy opmerking was: as Malan maar net daardie kans gebruik het

was ons nou baie mooi opgesplit gewees. Maar juis die weerstand wat die swartman

toe, na verloop van tien, veertien jaar, opgehoop het, na '48, aangevuur deur die

kommunisme wat toe vreeslik verrys. Vergeet ons dit? Vergeet ons dat die duiwel ook

agter hierdie … Apartheid is verkeerd, ek wil nie sê apartheid is reg nie, maar die feit

dat dit so opgeblaas is, dat ons, die Afrikaners so duiwels is soos wat hierdie aanhaling

sê … Ons moenie die ou duiweltjie se rol in hierdie ontevredenheid in SA …

Albert: Sê jy met ander woorde, as daar nie iets was soos kommunisme nie, sou ons

anders gekyk het na apartheid, sou ons vanaand anders teruggekyk het na apartheid.

Johan: Sou daar dalk baie minder geweld gewees het in die land, sou ons dalk eerder

om 'n ronde tafel gesit het en die land verdeel het of dan saamgestem het, ek weet nie.

Elsa: No ways. Ons is reeds bang gemaak met hierdie verskriklike kommunistiese

monster, ek meen, dit was hoekom ons ons grense verdedig het. Want hierdie

verskriklike kommunistiese monster gaan ons land kom verswelg. Ek meen nou is

apartheid afgestel, en wat het nou van kommunisme geword? Wat het van daai

verskriklike bedreiging geword?

Danie: Dit is wat nou interessant is. As jy kyk hoeveel kommuniste sit vandag in hoë

kapitalistiese posisies. En nou word daardie kommunis, (wat is hierdie vakbondleier se

naam tog) kyk net in watse snyerspakke hy per geleentheid opdaag, en besigheidsklas

vlieg. So hulle proe ook nou die kapitalistiese stelsel en hulle sal dit nooit laat los nie.

Hanlie: Ek dink kommunisme in SA was buitendien nooit dieselfde as in Rusland nie.

Kan ek net gou vir julle iets vra. Kan ek net so 'n klein bietjie afwyk. Ek wil net graag

weet, ek is nie 'n filosoof of 'n geskiedkundige nie, maar toe jy jonger was, wat het die

woord kommunisme vir jou beteken? Toe jy op skool was, of op varsity, of jonk gewerk

het. Wat het die woord kommunisme vir jou beteken? Waaraan het jy gedink as jy die

woord gehoor het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!