25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie en Linda

p631

72

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

108

Albert: Maar jy sê dit lei daartoe dat wit mense wat nooit rassisties was nie meer

rassisties is as vroeër.

Danie: Absoluut. Byvoorbeeld, jy sien die hele arbeidsinstelling is van so aard dat ʼn

groep mense staan en gesels en die een persoon gebruik of die k-woord of hy praat

van ʼn lokasie, daai ou bly in ʼn lokasie. Of hy gebruik die koelie woord, daai ou is

ontslaan. En dit is nie enigste geval nie. Dit het in die Noord-Kaap / Vrystaat area

gebeur, daar is verskeie gevalle gewees. ʼn Persoon stap verby die groep net om te

hoor, net om dit beter te illustreer, hy hoor hierdie ou praat van hulle bly in die location,

daai ou is ontslaan. Die ou wat gepraat het in die Noord-Kaap van die koelie-woord, ʼn

persoon het verby gestap en dit gehoor, daai ou is ontslaan. So dit kom verskriklik jy

weet, dit is hoekom agter geslote deure dan kom hierdie aggressie uit van die ouens.

Ek erken daar is definitief blankes wat ook rassisties is. Ek dink rassisme kom die hele

wêreld voor. Jy kry dit in Amerika, ek sien nou op Sky News daar in Engeland, ek het

nou nie mooi gesien wat met daai seuntjie gebeur het nie, maar daar is weer probleme

in Engeland wat met rassisme te doen het. Jy kry rasisme onder swartes, jy kry dit

onder Indiërs, jy kry dit onder kleurlinge. Rassisme is wêreldwyd. Ek dink my ervarings

is regtigwaar dat die een groep gun die ander groep nou absoluut niks nie. En as jy kyk

na die aanhitsers wat nog deur die media nog as spreukbuise gebruik word,

opgehemel word dit maak die ouens regtig, dit ontsteld hulle en daar is geen

bevorderings geleenthede nie, jy kan maar aansoek doen vir poste.

Albert: So daar waar hy nou is, dit is waar jy gaan bly.

Danie: Wel dit is wat met my gebeur het. Ek het in 1996 was my posbenaming

assistent-direkteur gewees. Hulle het landwyd het hulle daardie vlak gevat en dit

afgeforseer na die onderste vlak toe, onderste bestuurvlak toe en in daardie vlak het

hulle swart bestuurders gaanaanstel. En die ironie is, sover dit my kennis strek is daar

nie een van daai ouens oor nie, hulle het... hulle almal kon net nie, hulle was nie

gekwalifiseerd nie, hulle kon nie die druk vat nie, hulle was nie opgelei nie.

Albert: So dit is daai tokenisme.

Danie: Ja dit het in 1996 gebeur en ek sit nog steeds op daardie vlak. So vir my was

daar geen vooruitsigte vorentoe nie. Ek het bevordering op ʼn baie jong ouderdom, ten

minste tien jaar voor my kollegas gekry. So van 1996 moet ek my self motiveer en aan

die gang hou om vir my gesin te sorg.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!