25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOOFSTUK 2

DIE OORSPRONG VAN DIE APARTHEIDSVERHAAL

(ʼn Verhaal ter agtergrond) 10

Ek was meer as een keer in 'n situasie waarin ek probeer antwoorde

gee het, maar terwyl ek gepraat het, het ek self al minder oortuig

geraak. In gesprek met belangstellende buite-staanders het ek al

minder geweet wat die antwoorde is. In die proses van die vertel van

die verhaal het ek ontdek dat my storie al minder sin maak (Müller

2000a:20).

1. Inleiding

Hoeveel sin maak die verhaal wat wit Christen Afrikaners hulleself vertel het? Hoeveel

sin het dit gemaak vir ander mense wat dit gehoor het? Müller (2000a:2) onderstreep

die punt dat sy eie antwoorde hom al minder oortuig het, totdat hy op dié punt in sy

lewe gekom het waar sy “storie al minder sin (ge)maak” het. Vir hom as wit Christen

Afrikaner het dit tot 'n “waterskeidingsmoment” gelei. Sou dit ook só wees by ander wit

Christen Afrikaners? Watter verhale vertel hulle vandag, agttien jaar na die amptelike

einde van apartheid, en hoe verskil hierdie verhale van dié wat hulle veertien jaar

gelede vertel het? Maak hierdie verhale sin en hoe moet dit beoordeel word? Dit is die

kwessies wat in hierdie navorsing aandag kry. Hierdie hoofstuk fokus op die agtergrond

waarteen hierdie verhale vertel en vrae gestel word.

Soos in hoofstuk een verduidelik is, word hierdie navorsingsverslag aangebied volgens

die ABDCE-model van Müller, Van Deventer en Human (2001). In hoofstuk een is die

A, die verhaal van aksie (action) vertel. Dáár is aangetoon waarom wit Afrikaanse

Christene se lewens in die nuwe Suid-Afrika die onderwerp van hierdie studie gemaak

is. Gegewe hulle geskiedenis en die onthullings voor die WVK (TRC 1998a) was daar

in 1998 verskeie uitdagings op hulle pad. Die gebeure die afgelope veertien jaar het

eweneens ʼn invloed gehad op die lewe van wit Christen Afrikaners vandag.

Die tweede deel van die model, die B-komponent, vertel ʼn verhaal ter agtergrond

(background) vir hierdie studie. Hierdie agtergrond-perspektiewe word hier in hoofstuk

twee aan die orde gestel. Volgens die voorgestelde vrae wat Müller, Van Deventer en

10 Met verwysing na die tweede deel (background) van Müller, Van Deventer en Human (2001) se

ABDCE-model.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!