25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p11

In terme van die ABDCE-model wat gekies is as struktuur vir die neerskryf van hierdie

navorsingsverslag, sal die res van hierdie eerste hoofstuk besig wees met die aksie

(action) deel van die model, dit wil sê met vrae oor wat in die huidige oomblik, die nou

gebeur ten opsigte van die fokus van die navorsing. Met huidige oomblik word natuurlik

bedoel die tyd van die aanvanklike navorsing, naamlik 1998. Wat gebeur wat so

meeslepend is dat dit “make us want to know more” (Lamott 1995:62)? Hierdie vraag

word aangespreek in die volgende afdeling onder die opskrif Voorafgaande.

Voordat daartoe oorgegaan kan word, moet nog net eers duidelik gemaak word wat

verder in hierdie hoofstuk aan die orde gestel word. In aansluiting by die action-vraag

na die nou, kyk ek in die probleemsamehang na my persoonlike belangstelling by die

onderwerp teen die agtergrond van 'n bepaalde ervaring wat ek in die NG Kerk gehad

het. Hierna word die (mede)-navorsers voorgestel, gevolg deur 'n verduideliking van die

intensie en verwagtinge van die navorsing. Die grootste deel van hoofstuk word gewy

aan die paradigma, epistemologie en metodologie. Die hoofstuk sluit af met 'n

bespreking van die beperkings van die studie en 'n beskrywing van wat in die verdere

hoofstukke verwag kan word.

4. Voorafgaande

In 1994 het die lewe in Suid-Afrika dramaties verander. Na ʼn bewind van meer as vyf

dekades het die Nasionale Party (NP) bewind en die amptelike beleid bekend as

apartheid, formeel tot ’n einde gekom met die eerste volle demokratiese verkiesing in

Suid-Afrika. Op 27 April 1994, vir die eerste keer in die meer as 300 jaar sedert die

begin van Europese kolonisasie, het lede van alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika die

geleentheid gehad om te stem vir die party van sy of haar keuse. Die sogenaamde

nuwe Suid-Afrika is gebore. Enige nuwe begin laat egter iets van die oue agter.

Die ou Suid-Afrika mag dalk dood wees, maar die verlede word nie wegwens nie; die

vergrype bly spook, die geraamtes val steeds uit die kas. In die res van hierdie afdeling

sal aangetoon word hoe die WVK-proses die laaste geheime van apartheid onthul het,

hoe verskillende mense verskillende standpunte gehuldig het oor die toekoms van die

nuwe Suid-Afrika en laastens die uitdagings aan die kerk.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!