25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 1998) p543

Lewe na apartheid – Gesprek 8: 19 November 1998

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

31

32

33

34

Albert: Ons het nou uiteindelik by die einde gekom, dit is nou vanaand amptelik ons

laaste byeenkoms, ons het ons agt gehad soos oorspronklik beplan. Ek het nog nie die

transkripsies van die vorige twee geleenthede nie, dit is nog by die tikster. Sy was siek

en daarom is dit nou agter. Ek het notas gemaak, daar is vier sake wat ek neergeskryf

het wat ek dink ons nog aandag aan sal moet gee. Op 'n stadium het ons 'n beplanning

opgestel oor wat ons nog gaan doen met al die sessies, en die goed wat beplan is vir

die laaste sessie, vanaand se sessie, is twee sake. Die een is die vraag oor

regstellende aksie en die ander een is, hoe nou vorentoe? Nou dit bly nog steeds ons

oorwegende gedagte, maar ek wil drie ander sake ook noem, dit is wat ek kry uit die

terugvoer. Uit die terugvoer wat ek kry van my een medewerker in Johannesburg, en

van die sake wat ek optel en mettertyd neergeskryf het, is daar drie ander sake

waaraan ons ook aandag moet gee. Wat beteken dit en wat gaan dit vorentoe beteken

om Afrikaner te wees, en daarmee saam die vraag om blank te wees in die nuwe SA:

Ons het gister hier gesit en onderhoude voer, en dit laat mens die vraag vra wat

beteken dit om Afrikaner te wees waar ons 'n klein minderheid is en gewoond was aan

’n beter posisie. Die ander saak, wat ons al in 'n mate aandag aan gegee het, is die

vraag oor kollektiewe verantwoordelikheid. Nou wil ek graag vir julle die paragrafie lees

wat een van my medewerkers skryf. “’n ander kwessie wat teenwoordig is, maar nog

onderontwikkel is in die gesprek, is die kwessie van kollektiewe verantwoordelikheid vir

apartheid, met ander woorde het die blankes as 'n groep, 'n verantwoordelikheid

teenoor die swartes as 'n groep. Dit is trouens die beginsel waarop regstellende aksie

berus, my indruk is dat die groep dit nog nie goed deurdink het nie”. Die sake wat

daarmee saamhang is regstellende aksie en gelyke geleenthede. Ek sou graag wou hê

dat ons daaraan ook moet aandag gee. Enigiets anders wat ons nog moet sê voordat

ons aangaan? 'n Paar ouens het verskoning gemaak vanaand: Hanlie, Danie en Linda

het elkeen 'n funksie aan vanaand en Ben het ook gesê hy kan nie hier wees nie.

Elsa: Ek sou graag wou sê oor regstellende aksie, ek voel dit moet daar wees, maar in

hoe 'n groot mate, en hoe dit regtig moet wees kan ek nie self vir my persoonlik

uitmaak nie. My gewete sê vir my daar moet regstellende aksie wees, en tog maak dit

mens seer ook, ek meen jou kinders en kleinkinders en jyself kom in gedrang. So in

hoe 'n mate dit toegepas moet word weet ek nie regtig nie, maar dat dit daar moet

wees, dit glo ek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!