25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p272

Tydens die 2003 South African Christian Leadership Assembly word sewe

sogenaamde reuse geïdentifiseer. Dit is aktuele kwessies wat die Suid-Afrikaanse

samelewing uitdaag en selfs afbreek. Een hiervan is rassisme. Die Kerkspieël-opname

van 2006 toets die NG Kerk se houding ten opsigte van hierdie sewe sake. Die

opvallende is dat, behalwe vir seksisme, rassisme die minste aandag in die NG Kerk

kry (Bisschoff 2008:10). Blykbaar sien die wit gemeenskap nie “rassisme en seksisme

as ʼn probleem” nie (Bisschoff 2008:11). Benewens die kulturele verskille aangaande

hierdie sake is dit veral “die vrees vir die reaksie van wit lidmate dat rassisme weer

eens genoem word” en die teologiese rede dat die politieke belang vir ʼn lang tyd

“teologies gewettig” is (Bisschoff 2008:11). Dit is duidelik dat selfs onder wit Afrikaanse

Christene die ware inpak en kernprobleem van apartheid steeds nie raakgesien word

nie. Hierdie situasie het ʼn direkte impak op die transformasie en die proses van

versoening in post-apartheid Suid-Afrika.

3.5 Die gevolge van ʼn ontkenning

So lank as wat wit Afrikaanse Christene weier om te erken dat apartheid hulle

bevoordeel het ten koste van swart Suid-Afrikaners, en solank hulle nie die noodsaak

van herstel raaksien nie, sal transformasie en versoening nie na wense vorder nie.

Wit Afrikaanse Christene, wat my en die mede-navorsers insluit, was ook slagoffers

van apartheid. Nie in die sin waarin dit aangebied is in die gesprekke, naamlik dat ons

ly as gevolg van iets wat ons voorouers gedoen het nie [Danie 1-674 en Albert 1-703],

maar omdat ons ook iets van ons menswaardigheid verloor het deur dit wat ons aan

ons swart medemense gedoen het. Slagofferskap lê nie in die gevolge van

regstellende aksie nie, maar in die selftoegediende wonde van vooroordele. Hierdie

wonde genees eers wanneer die (groter) wonde van ander erken word. Die erkenning

herstel die ander se waardigheid en maak die ontmensliking ongedaan. Solank hierdie

erkenning nog ontkenning is, kan die genesing nie begin nie.

Benewens hierdie na-binne gevolge, is daar ook ʼn magdom na-buite gevolge wat die

lewe in post-apartheid Suid-Afrika uitdagend maak. Die gesprekke met die medenavorsers

het uitgewys dat ʼn groot aantal van hulle nog steeds nie heeltemal verstaan

wat apartheid aan swart mense gedoen het nie. Sommige van die redes hiervoor kan

gevind word in die effektiwiteit van apartheid om die verskillende rasse van mekaar

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!