25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p149

and perspectives of the persons responsible for the commission of the

violations, by conducting investigations and holding hearings (Meiring

1999a:13).

Die verklaarde doelwit van die WVK was dus om alles wat in die naam van apartheid

gedoen is, te ontbloot. Elke geheime wandaad sou uitgewys word. As dit ’n

menseregte-vergryp was, sou die hele wêreld daarvan hoor, en ook die naam van die

skuldige party. Alles in die openbaar, dikwels vir die heel eerste keer.

Swart mense het begin om hulle stories in die openbaar te vertel en dit is wêreldwyd

uitgesaai. Die reaksie wat dit veroorsaak het, kon skaars voorgestel word. “The black

people in the audience are seldom upset. They have known the truth for years. The

whites are often disconcerted: they didn't realize the magnitude of the outrage, the

‘depth of depravity’ as Tutu calls it” (Krog 1998a:45). Elders sê Tutu dat Afrikaners

geskok is, “juis nie deur die leuens nie, maar oor soveel waarheid, soveel aaklighede.

Hulle wil dit eerder nie weet nie, eerder glo dis leuens” (Retief 1998:15).

Dit sou onrealisties wees om te verwag dat almal opgewonde moes wees oor die WVK,

of selfs dat al die verhale wat daar vertel is, geglo sou word. Selfs die mooi ideaal van

versoening deur die vertel van persoonlike verhale, was seker meer wensdenkery as

realiteit. Die een ding wat die WVK wel gedoen het, was om die apartheidsgeheim aan

die wye wêreld bekend te maak. Dit wat vermoed was, waarvan agter geslote deure

gepraat is, waaroor saggies gefluister is, was nou in die openbare domein. Dit op

sigself was al ’n groot prestasie – nie altyd aangenaam nie – maar nogtans ’n

prestasie. Die implikasies hiervan word só deur Krog (1998a:89) verwoord: “Because of

these narratives, people can no longer indulge in their separate dynasties of denial.”

Krog (1998a:144) wy ʼn hoofstuk in haar boek aan briewe wat sy oor die WVK ontvang

het. Sy verwys na ’n brief van ’n ene Tim waarin hy sy beproewing as negentienjarige

jong man beskryf toe hy uit die weermag gedros het en deur die SA Polisie aangekeer

en gemartel is. Hy vertel van die waarde wat die WVK-proses vir hom gehad het om

met homself vrede te maak. Hy waardeer die einde wat gemaak is aan die stilte as hy

sê: “...we are no longer living under the tyranny of silence”.

Oor en oor vertel swart mense dieselfde verhaal aan die lede van die WVK: ’n verhaal

van teistering, van marteling, van verdwynings, van moord. Hulle vertel verhale van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!