25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p42

9.3 Metodologie

Metodologie verwys na die navorser se siening oor hoe kennis oor die nagevorsde

onderwerp op die beste moontlike wyse versamel kan word (Schurink 1998:240). Die

metodes waarop die navorser uiteindelik besluit, word onder andere bepaal deur die

onderwerp wat ondersoek word asook die paradigma en epistemologie wat die

navorser kies.

In die voorafgaande paragrawe is 'n keuse gemaak vir postmoderniteit en 'n sosiale

konstruksie diskoers. In die lig van hierdie benadering word 'n keuse gemaak vir

kwalitatiewe navorsing wat volgens Payze (2001:271) goed geskik is vir die ondersoek

van sosiale prosesse, eerder as vir 'n kwantitatiewe studie. Die fokus van die navorsing

was om te bepaal hoe wit Afrikaanse Christene, gegewe hulle spesifieke verlede soos

onthul voor die WVK, in die nuwe Suid-Afrika leef.

9.3.1 Literatuurstudie

Tradisioneel begin navorsing dikwels eers met 'n literatuurstudie, maar nie altyd nie.

Hierdie navorsing begin ook nie daar nie. Soos Browning (1991) dit met sy praktykteorie-praktyk

benadering verduidelik, het hierdie ondersoek ook begin met 'n praktiese

situasie waarin die navorser en die mede-navorsers persoonlik betrokke was. Hieruit

het die behoefte ontstaan om ook te wete te kom wat ander mense oor die navorsingsonderwerp

skryf en geskryf het. Voor en tydens die reeks gesprekke is daar ’n

uitvoerige literatuurstudie oor die sienings van wit en swart mense oor die beleid van

apartheid gedoen. Dit het ingesluit die kwessies van rassisme, die vraag na wit mense

se kollektiewe of individuele skuld en aanspreeklikheid, en die gepaardgaande

restitusie soos uitgedruk in die beleid van regstellende aksie. Die literatuurstudie het

ook gefokus op die rol van die NG Kerk in die apartheidsbedeling, van die aanvanklike

teologiese regverdiging tot die ommekeer in 1986 en finaal in 1998 (Retief & Jackson

1998:1).

Die aanvanklike navorsing is in 1998 gedoen in die tyd net voor en tydens die

bekendmaking van die WVK se verslag. Die gebeure van die WVK het dus ’n groot rol

gespeel in die denke van die deelnemers op daardie tyd.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!