25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p17

“Die Kerkraad van die NG Gemeente Welkom-Suid distansieer hom ten volle van die

skuldbelydenis wat dr. Willie Jonker namens die NG Kerk en die Afrikaner gedoen het

dat apartheid in al sy vorme as sonde voor God verklaar word” (Ned. Geref. Gemeente

Welkom-Suid 1991). 'n Aantal kerkraadslede het uit protes hulle teenstemme laat

notuleer. Vier maande later is revisie toegestaan ten opsigte van die besluit en is 'n

aantal ander besluite geneem. In die eerste van die nuwe besluite besluit die kerkraad

“om hom te distansieer van die onkerkordelike optrede van Prof Willie Jonker toe hy

tydens die Rustenburg-beraad 'n skuldbelydenis namens die NG Kerk en die Afrikaner

gedoen het” (Ned. Geref. Gemeente Welkom-Suid 1991). 'n Verdere besluit is ook

bygevoeg waarin die kerkraad “besluit om 'n beroep op lidmate te doen om hulle te

vereenselwig met die skuldbelydenis wat vervat is in Kerk en Samelewing en om in die

lig daarvan ook persoonlike skuldbelydenis voor God te doen” (Ned. Geref. Gemeente

Welkom-Suid 1991). Ek weet nie wat die persoonlike reaksie van al die lidmate hierop

was nie, maar ek kan my nie herinner aan enige gebed in my teenwoordigheid waar 'n

lidmaat of kerkraadslid skuld oor apartheid bely het nie. Die onthullings by die WVK sou

waarskynlik hierdie situasie verander.

Die gebeure van 1994 het iets van my droom waargemaak. Alle mense se velkleure

was nog soos voorheen, maar die gesagsrolle het heeltemal verander. Die bekende

het plek gemaak vir die onbekende. Ek het gewonder hoe wit mense 9 in die

sogenaamde “nuwe” Suid-Afrika sou leef, veral na die onthullings by die WVK. Ek het

verder gereken dat indien ek daaroor wonder, daar waarskynlik ook ander sou wees

wat wonder hoe hulle lewe in die toekoms sou wees. Hierdie vrae was “compelling

enough to draw us in” (Lamott 1995:62). Dit was hierdie vrae wat die “this now” (Lamott

1995:48) van die aksie-fase gevorm het en waaruit die navorsing ontstaan het.

6. Die (mede)-navorsers

Soos reeds hierbo vermeld, in my mede-navorsers almal wit Afrikaans-sprekende

Christene wat almal bande met die NG Kerk het. Daarby kom almal uit Welkom in die

Noord-Vrystaat. Dit is gepas om hier eers iets meer oor Welkom self te sê.

9 Ek kies vir die gebruik van wit mense in plaas van witmense (ook so met swart mense en swartmense)

om daarmee aan te dui dat die kollektief mense is met twee onderafdelings, eerder as twee onderskeie

selfstandige groepe.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!