25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p168

gemeentelede van die NG Kerk het dit of dat gedoen. Dis asof hy in die

sesde gesprek steeds nie verstaan wat apartheid se eintlike probleem was nie. Sy

fokus is steeds op wie wat gedoen het. Oor die onderliggende sisteem en

uitgangspunte is hy geensins besorgd nie.

7.2 “Te lank stilgebly”

As soveel mense dan oor so ʼn lang tyd hulle stemme teen rasseskeiding laat hoor het,

waarom het die NG Kerk dan so lank geneem om te reageer? Danie [4-466] antwoord

hierdie vraag deur reguit te sê dat die NG Kerk aan die slaap is, nie net oor die

dinge van die verlede nie, maar ook oor die dinge van die hede. Die kerk is vir

my op baie, baie terreine vas aan die slaap en dan noem hy sake soos

aborsie en pornografie as voorbeelde. Die kerk skrik telkens te laat

wakker [Danie 4-470].

Volgens Loader (1985:294) het die Nederduitsch Hervormde Kerk in 1973 apartheid

beskryf as "a permanent, unchanging ruling which is scripturally founded." Meer mense

het waarskynlik so daaroor gedink. Loader gaan verder en maak die stelling “teen 1985

het niks van die kontroversiële goed in die kerk nog verander nie.”

In ʼn hoofartikel in Die Kerkbode van 15 Mei 1985 antwoord Gaum (1985:4) sy eie

vraag: Doen die NG Kerk niks? Hy sê die NG Kerk word beskuldig “dat die Kerk niks

doen nie en rustig slaap” te midde van die “vlaag van onrus en terreur in swart

woonbuurtes”. Hy gaan dan voort om hierdie aantygings te probeer weerlê. Die ironie is

dat die antwoorde wat hy gee nie die kern van die probleem aanspraak nie. Hy praat

van oproepe tot gebed, gesprekke met die regering oor “loonstrukture en

werkreservering”, “toelaes vir swart bejaardes en ongeskiktheidstoelaes” en die

“posisie van die stedelike swarte.” Oor die dieperliggende oorsake vir die onrus rep hy

nie ʼn woord nie al het Geldenhuys (1982:141) al jare vroeër geskryf:

My probleem as Christen lê by die feit dat een groep (die blanke – en in

besonder: die blanke Afrikaner, of meer nog: die blanke

Afrikanerlidmate van die NG Kerk en ander oorwegend Afrikaanse

kerke) vir hulleself die reg opgeëis het om te beslis waar en hoe die

verskillende groepe hulle bestaan en identiteit as groep sal beoefen.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!