25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p134

sekere groepe mense [Hanlie 3-798], waarop Johan [3-805] reageer met Jou

definisie kom iets kort. Jou definisie kom daai emosie kort van

haat of liefhê. Rassisme is gekoppel aan emosie.

3.3.1 Rassisme en emosies

Dat erge emosies, soos haat, soms wel deel van rassisme kan wees, is duidelik uit die

woorde van Pistorius (1992:174) wat aanspraak maak op ʼn Goddelike opdrag om swart

mense dood te maak. Hierdie vreemde opvatting baseer hy op sy verstaan van

Eksodus 2:12 waar Moses die Egiptenaar doodgeslaan het. Pistorius se argument is

dat God vir Moses daarna so geseën het, dat ons kan sê dat God hom heeltemal

vergewe het en ook vir ons beveel om iemand “wat afgode aanbid... soos die swartes”

dood te maak. Sulke blatante rassisme is egter net ʼn uiterste vorm van ʼn gesindheid

wat in meer matige vorm baie meer voorkom as wat algemeen erken word. Die

onderliggende uitgangspunt vir al hierdie vorme van rassisme is ʼn gevoel van

meerderwaardigheid teenoor ander mense.

Die idee dat een ras meer werd is, of beter is as ʼn ander, is nie ʼn nuwe idee nie. In die

tyd van wettige slawerny en kolonialisme was die gangbare idee dat Afrika onbeskaafd

en ongekultiveerd en daarom minderwaardig teenoor die Weste is (Kasenene

1993:55).

Hy skryf verder hieroor: "The racism that we know was born in Europe

and America from the cultural need to justify doing to black people,

doing to African people, what could not morally or legally be done to

white people, and least of all to Europeans" (Kasenene 1993:58).

Hierdie posisie word ook ingeneem deur Weary (1994:9) as hy sê: "To

justify slavery, whites people had to make black people less than human

beings."

Steve Biko (1987:88) skryf dat “white people on the whole have come to

believe in the inferiority of the black man.” Hy sê die rede hiervoor is “so

that the whites could enjoy privileges at the expense of blacks and still

feel free to give a moral justification for the obvious exploitation…” In sy

boek Deafening silence laat Miles (1996:274) een van sy karakters dit

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!