25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p58

Human (2001:91) vra, is hierdie afdeling die plek om aandag te gee aan die persone

en / of diskoerse wat ʼn rol gespeel het in die ontwikkeling van die beleid van apartheid

en die spesifieke situasie van die mede-navorsers. Die navorsing gee aandag aan die

mede-navorsers se siening van sake soos rassisme, skuld, versoening, regstellende

aksie en die rol van die kerk in hierdie sake. In die aanvanklike navorsing word gepoog

om te verstaan hoe die mede-navorsers in 1998 dink oor hierdie sake en watter impak

die onthullings voor die WVK op hulle sienings gehad het.

In die opvolgnavorsing word dieselfde sake in die lig van die gebeure van die

voorafgaande veertien jaar weer aan die orde gestel. Hierdie gebeure sluit onder

andere in die hele Boetman-debat wat Chris Louw (2001a) aan die gang gesit het oor ʼn

geslag jong mans wat voel dat hulle deur die vorige geslag misbruik en mislei is; oudminister

Adriaan Vlok (De Lange 2006:1) wat eerwaarde Frank Chikane se voete was

as simboliese handeling van skuldbelydenis; die voorval by die Skielik-township

(Mouton 2008a:1) waar ʼn jong wit man lukraak op swart mense begin skiet en drie

persone gedood het; en die Reitz-video debakel by die Universiteit van die Vrystaat

(Cloete 2008:1). Hierdie is maar enkele van die uitstaande gebeure van die afgelope

aantal jaar. Dit alles speel af teen die agtergrond van ’n land met toenemende misdaad

en geweld (Pienaar 2008:2; Van der Watt, 2007:9), swart-beheerde munisipaliteite wat

al minder en minder slaag in dienslewering (Steenkamp 2009:1), grondhervormings

wat klaarblyklik misluk (Beeld 2009b; Van der Walt 2010) en regstellende aksie wat

deur wit mense as omgekeerde rassisme (Hermann 2007) ervaar word. Die kwessie

van wit skuld is weer in 2010 op die voorgrond geskuif met Samatha Vice (2010) se

artikel How do I live in this strange place? en Anton van Niekerk (2011) se reaksie

daarop in die Afrikaanse dagbladpers. Die daaropvolgende reaksie (vergelyk onder

andere Saunders 2011) wys dat hierdie debat nog baie lewendig onder wit Afrikaners

is.

Vanuit die NG Kerk se geledere skryf Jonker (1998) oor die Kerk se politieke bande

wat haar “profetiese roeping” (Jonker 1998:3) in die slag laat bly het. Hy koppel ook die

NG Kerk se steun aan apartheid aan ʼn morele legitimering van “die bevoorregte posisie

van die blanke minderheid” (Jonker 1998:42).

In 1999 publiseer die baie bekende anti-apartheid kerklike, emeritus aartsbiskop

Desmond Tutu, sy boek No future without forgiveness. Hierin beklemtoon hy die

noodsaak van vergifnis ter wille van die pad vorentoe: “we are people who know that

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!