25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p237

werke ook wees. Ons sal die mense daar uit hou

solank ons die hef in die hand het, as ons nie

gedwing word om te verander nie, sal ons nie

verander nie.

Regstellende aksie is nie nuut in Suid-Afrika nie. Van die mede-navorsers het dit

raakgesien: die eerste groot regstellende aksie het in '48 begin

[Isak 5-683]. Elsa [5-651] bevestig dit: As ons ʼn paar jare teruggaan toe die

Afrikaner aan bewind gekom het hier in ons land, het daar ook

regstellende aksie plaasgevind. Ons het vir die Afrikaner werk

geskep in die staatsdiens en orals.

Of wit mense dit vandag raaksien of wil erken, verander niks daaraan dat wit mense

bevoordeel is op ʼn manier wat niks anders as regstellende aksie was nie. Die argitek

van apartheid Hendrik Verwoerd (Kenney 1980:26) het hieroor gesê:

When some of the economic proposals contain a discrimination in

favour of the white worker it must be realized that it was not only what

was beneficial to our problem group – the white poor – that was

considered, but to the country! Where, for instance, a certain privilege

for the white poor causes a difficulty – but a removable one – for the

non-whites, it was chosen without hesitation.

Sy biograaf skryf verder dat Verwoerd oortuig was van "what was good for the

Afrikaner was good for South Africa” (Kenney 1980:26). Destyds is daar nie twee keer

gedink oor die beleid nie. Binne die raamwerk van apartheid was dit die regte ding om

te doen.

Ook Mamphela Ramphele (2008:148-150, 246-247) merk op dat wit

Suid-Afrikaners nie juis kan kla oor regstellende aksie as regeringsbeleid

nie. Vir die grootste deel van die 20ste eeu was daar ʼn vorm van

regstellende aksie vir wit mans, veral ook in die landelike omgewing.

Die ANC se James Ngculu (aangehaal in Lefko-Everett, Nyoka &

Tiscornia 2011:26) herinner aan hierdie beleid van die vorige regering:

“Many South Africans today have embraced a collective amnesia,

believing that apartheid respected merit in the workplace more than the

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!