25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p172

Om skuld te bely is een ding, maar dan moet jy glo dat daar iets is om te bely. Van

sommige lidmate van die NG Kerk is dit waar, maar beslis nie van almal nie. Daar is

diegene wat steeds volhard dat daar geen fout was met apartheid nie.

8. ’n Herhaling van die patroon?

Ten spyte van hulle mede-Afrikaners wat erken dat apartheid verkeerd was en baie

skade aan swart mense gedoen het, is daar steeds diegene wat glo daar was niks

verkeerd met die vorige bedeling nie. Al verbloem hulle hul uitsprake op allerlei

maniere, sê hulle eintlik maar nog steeds net die slegte gedeelte van

apartheid... dit is wel sonde [Mike 6-057].

Selfs al sê hulle dit nie in soveel woorde nie, tree hulle op soos in die ou

bedeling… [Mike 2-520]. Mike [2-524] sê hy sien dit daagliks in die manier waarop wit

ouers hulle kinders leer om met swart mense te praat. Hanlie herroep twee voorvalle

van blatante rassisme uit die voorafgaande week. Dan sê sy: Dis wat ek bedoel

as ek sê apartheid is still alive and well in South-Africa [Hanlie

2-530]. In beide gevalle het wit mense steeds na swart mense verwys as “kaffirs”.

By sommige van die mede-navorsers was die idee van identifisering met 'n groep baie

sterk. So kla Johan [3-627] die groep daarvan aan dat hulle ontken dat afsonderlike

groepe bestaan, elkeen met sy eie kultuur, taal en gebruike. Hy kry steun van Mike

[3-664] as dié sê selfgekose apartheid, is my eie keuse. As ek wil

nie saam met jou kuier nie, is dit my keuse. Alhoewel Mike [3-665]

verder gaan en sê: dit gaan nie oor of jy swart of wit is nie, is dit tog

ʼn vraag of dit nie presies is wat hy bedoel nie.

Tydens die sesde gesprek vra Hanlie [6-154] ʼn vraag oor die implementering van

aparte ontwikkeling met naasteliefde en regverdigheid soos sommige

aanvoer. Sy meen dat baie wit Afrikaners so ʼn bedeling sou steun in die nuwe Suid-

Afrika. Johan [6-187] erken dat hy een van daardie groep wit Afrikaners is:

Ek praat nie van verpligte segregasie nie, waar die

een minder geleenthede het as die ander een nie, ek

praat van, gun my die geleentheid om in Afrikaans

skool te gaan, gun my die geleentheid om in

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!