25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p88

Suid-Afrika rep hy nie ʼn woord nie.

3.1.6 Wit skuld

Daar is egter een kwessie wat meer as enige ander die emosies van wit mense op loop

sit en tot hewige, en soms onsmaaklike, briewewisseling en debatvoering in die

dagblaaie lei. Die vraag na wit skuld al dan nie bring ʼn weerstand en aggressie na vore

soos min ander sake kan. Van Niekerk (2011:elektroniese bron) stel sy standpunt

onomwonde: “As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede.” Hy

verwys ook na Naudé wat op sy beurt weer ʼn opvolgartikel skryf (Naudé

2011:elektroniese bron) waarin hy Van Niekerk beskuldig van veralgemenings en

steeds enige moontlike skuld ontken. Die reaksie wat hierdie twee se artikels oor wit

skuld tot gevolg gehad het, spreek boekdele.

In die reaksies op die artikels in die koerante, was daar nie ʼn enkele persoon wat

onomwonde erken het dat wit Afrikaners skuld het aan apartheid nie! Die naaste

daaraan is Stufflé (skuilnaam) wat reageer op Naudé (2011:elektroniese bron) deur te

sê: “Dit beteken nie apartheid was reg nie. Maar miskien beteken beteken (sic) dit dat

apartheid reg was vir sy tyd.” Kotze (2011:elektroniese bron) se vertrekpunt is weer dat

daar “weinig onskuldiges” is. Sy skulderkenning verwoord hy so tussen die verontskuldigings:

“Apartheid was verkeerd. Tydens segregasie in die VSA is swart mense

ge’lynch’. Die ANC se struggle was uiters wreed en het die dood van baie van hulle eie

mense gekos. Die ANC se onbeholpe kaders is huidiglik (sic) besig om Suid-Afrika te

vernietig.”

Aan die ander kant van die spektrum was die reaksie baie uitgesproke. Benewens die

algemene “kom ons beweeg aan” was daar ook diegene wat steeds oortuig was dat

apartheid ʼn goeie beleid was. So verklaar Henning (skuilnaam) in sy reaksie op Naudé

(2011:elektroniese bron): “Apartheid was toe after-all (sic) nie net 'n slegte ding nie. Op

die ou-end het dit meer goed as sleg ingehou vir AL (sic) die burgers van Suid Afrika.

So waaroor op dees aarde moet ek skuldig voel... Huu?”

Die weerstand teen die idee van wit mense wat skuldig moet voel oor apartheid was

nie beperk tot woorde in koerante nie. Op 14 Julie 2011 het Abel Malan, ’n sakeman

van Nelspruit en ’n kandidaat van die Volksraad-verkiesingskommissie (VVK) vir

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!