25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p89

professor Van Niekerk in sy kantoor op Stellenbosch “fisiek aangerand” (Gerber, J.

2011:elektroniese bron).

Een van die jonger geslag reageer met verontwaardiging op die idee dat hy en sy

geslag skuldig moet voel vir iets waaraan hulle geen aandeel gehad het nie. Ene

corne.schutte (skuilnaam) vra, in reaksie op ʼn nuusberig oor die aanval op Van Niekerk

van Stellenbosch (Gerber, J. 2011:elektroniese bron): “waarom moet Afrikaners

aanhou om die skuld te dra vir wat Prof Anton se generasie skynbaar veroorsaak het?”

Sy gebruik van die word “skynbaar” laat die vraag ontstaan of hy werklik dink dat daar

iets is om oor skuldig te voel.

Benewens bogenoemde reaksie op die berig, was waar ook diegene wat hulle nie kon

weerhou van die banale nie. So reken jan petoors (skuilnaam) “hy moes sy keel af

gesny het”, Andrew Larson (skuilnaam) meen “Malan moes hom dood gebliksem het”

en Bump (skuilnaam) is van mening “[h]y moes harder gemoer gewees het” want

“[d]aar is nie pille vir domgeit (sic) nie jy (sic) poepol (sic).”

Die punt van kommer in al die kommentaar oor die skuldkwessie, is dat byna niemand

verwys na die werklike probleem met die beleid van apartheid, naamlik dat dit mense

hul menswaardigheid ontneem het, nie. Telkens is die fokus op die positiewe wat vir

die land en sy inwoners gekom het, of daar word blatant ontken dat enigeen benadeel

is deur apartheid. Oor die dekades-lange bevoordeling van wit mense ten koste van

swart mense word daar bykans nooit iets gesê nie.

3.1.7 Regstellende aksie

Die laaste saak wat ek hier wil aanraak oor die onsekerheid ten opsigte van die

toekoms, is regstellende aksie. Hierdie saak kom ook herhaaldelik voor in die

opvolgnavorsing. Vir baie wit mense, en veral wit mans, is regstellende aksie niks

anders as omgekeerde rassisme nie. Baie wit mense het skielik ʼn plafon bereik in hulle

loopbane en moet sien hoe ander mense wat dikwels minder bekwaam is en minder

ondervinding het bo hulle bevorder word. Hierdie tipe optrede lei tot gebrekkige

motivering en baie aanvaar by die eerste-beste geleentheid ʼn pakket sodat hulle uit ʼn

onhoudbare situasie kan wegkom. Wanneer wit Afrikaners praat oor wat in die afgelope

veertien jaar in hulle lewens gebeur het wat hulle toekoms die meeste affekteer, is

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!