25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p210

white, but I can’t guarantee you that I don’t sometimes think thoughts

that I’m ashamed of. I can’t guarantee you that I don’t sometimes have

hatred towards white people for what happened in my family history

(aangehaal in Johns 2009:1).

Daar is geen sin daarin om te probeer ontken dat almal wat in apartheid grootgeword

het, op een of ander manier daardeur geaffekteer is nie. Ras-bewustheid, en selfs rasbeheptheid,

is met moedersmelk ingegee. Al waarop gehoop kan word, is ʼn

doelbewuste daaglikse keuse om hierdie toestand, welwetende dat dit soos ʼn

hardnekkige siekte maklik weer sy kop kan uitsteek, te onderdruk. Wat Hill (2008:vi)

skryf oor Amerika, meer as vyftig jaar na die afskaffing van segregasie, moet plaaslik

dien as waarskuwing: “...every serious study shows that White racism continues to be a

deadening and oppressive fact of life for the vast majority of people of colour in the

United states.”

In die debat oor rassisme in Suid-Afrika kan almal maar net saamstem met die hoop

wat Fisher (2007:245) uitspreek: “Race and racism are not simple issues and there are

no ready-made and easy answers... And while we are searching for answers, I hope

that we will continue to talk about this very important issue.”

4.4 Skuld

ʼn Verhaal wat met oortuiging vertel is om luisteraars te oorreed tot

dieselfde insigte, het plek gemaak vir ʼn verhaal van shame wat bely

moes word. Dit was ʼn pynlike proses, maar tegelyk ook ʼn bevrydende

proses (Müller 2000a:23).

Dit was vir my opvallend dat hierdie deel van die gesprekke wat oor skuld gehandel

het, aansienlik moeiliker gevloei het as die res van die gesprekke. Waar dit nog

moontlik is om abstrak en teoreties oor die ander aspekte soos rassisme of die kerk te

praat, kom die vraag oor skuld naby aan die lyf van beide navorser en mede-navorsers.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!