25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p142

anderkleuriges is wie dit gebruik. As ek praat van

anderskleuriges of anderkleuriges het ek nie eintlik

gepraat vanuit ʼn blanke oogpunt, want jy praat van

al die ander wat nie dieselfde kleur as jy is nie.

Maar ek dink as ek swart was, het ek ook van die

anderskleuriges gepraat, met ander woorde almal wat

nie swart is nie, ek dink dit is semantics.

Ek wonder of wit mense genoeg begryp wat die impak was wat apartheid op die

waardigheid van swart mense gehad het. Vir baie was dit blykbaar bloot ʼn kwessie dat

alle “nie-blankes” anders behandel is, omdat hulle anders is. Dat hierdie anderste

behandeling minderwaardig was omdat dié mense as minderwaardig beskou is, was

nie ʼn gedagte waarmee te veel wit mense hulle besig gehou het nie.

3.5 Groot en klein apartheid

Die finale effek van apartheid was die skepping van ʼn beperkte en oppervlakkige

siening van die beleid in die gedagtes van wit Afrikaners. Wanneer die groep apartheid

bespreek het, was dit gewoonlik in terme van wat genoem word “klein apartheid.” Dit

was sake soos aparte geriewe wat voorop in die gedagtes van die mede-navorsers

was: dit is soos julle sál – julle mag daar sit en nie daar nie

en julle moet hierdie toilette gebruik en nie daardie nie [Mike

2-265], hulle het hulle eie beker... in daai klein kamertjie

[ge]bly [Frans 1-441] en Ons bediende het byvoorbeeld swart koffie

gekry uit ʼn blikbeker uit, en my ma het nie botter op haar brood

gesmeer nie, net konfyt [Elsa 1-425].

Van Wyk (1991:82) speur die oorsprong hiervan terug na die tyd ná 1959:

It was in these years that we Nats started to differentiate between

grand apartheid and petty apartheid. Grand apartheid which denied

blacks any say in the affairs of the whites provided the broad structure

for their ‘separate development’ in their own rural states-in-the-making,

and urban group areas with their own schools, churches, universities,

sporting facilities, political institutions, etc. Petty apartheid was the way

the grand design found gratuitous expression daily in a variety of

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!