25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p111

posisie wat die NG Kerk inneem ten opsigte van relevante sake. So het die NG Kerk

oor ʼn tydperk beweeg van steun aan apartheid tot ʼn teoretiese afwysing daarvan tot ʼn

skuldbelydenis oor haar aandeel daarin. So was dit ook met die Belydenis van Belhar

oor die laaste aantal jare. Dit is nie korrek om die NG Kerk uit te beeld as sou die Kerk

steeds die posisie van dekades gelede beklee soos wat deur Jennifer Nelson (2003:69)

gesuggereer word nie.

Wat op amptelike gebied gebeur, stem egter nie noodwendig ooreen met wat in

plaaslike gemeentes gebeur nie. Met die afskeiding van die APK in 1987 is daar

beweer dat die NG Kerk nou van sy rassistiese lidmate ontslae geraak het (Du Toit et

al 2002:161). Of dit so eenvoudig is, is nie seker nie. Selfs die resultate van Kerkspieël

wil suggereer dat die NG Kerk nie die kwessie van rassisme as baie belangrik beskou

nie. So meld Schoeman (2010) dat van die sewe groot kwessies in Suid-Afrika wat

deur The South African Christian Leadership Assembly geïdentifiseer is (Bisschoff

2008:10), rassisme die tweede minste aandag in gemeentes kry. Dit is net seksisme

wat nog minder aandag kry. Dit is te betwyfel of hierdie toedrag van sake die gevolg is

daarvan dat rassisme en seksisme nie voorkom in gemeentes nie, en of dit nie dalk

eerder moeilike kwessies is wat gerieflikheidshalwe oorgesien word nie.

In die volgende twee afdelings word gekyk na twee modelle wat gebruik kan word as

lense waardeur na mense se posisie ten opsigte van die verlede en verandering gekyk

kan word. Eerstens word gekyk na Weingarten se uitdaging aan vertellers van

narratiewe. Tweedens word daar gekyk na die proses van verandering en hoe mense

daarop reageer.

6. Weingarten se “Typology of Witnessing”

Alhoewel Weingarten (2000:396) se “Typology of Witnessing” nooit in die gesprekke te

sprake gekom het nie, bied dit tog 'n handige skema waardeur na die inhoud van die

navorsing gekyk kan word. Die wyse waarop sy kyk na hoe narratiewe vertel word, bied

nuwe moontlikhede om tydens die gesprek die vertellers uit te daag om weer te besin

oor hulle verhale.

Weingarten gebruik die konsep van “witnessing” of getuienislewering as die sleutel vir

haar “understanding of the dilemmas faced pre- and post-Apartheid" (Weingarten

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!