25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p183

Afrikaner-intellektuele begin deurdring het, werklik begin meebring dat

hulle hulself begin wysmaak dat apartheid glad nie so sleg was nie en

dat wit mense en Afrikaners – wat steeds verreweg die hoogste lewenstandaard

in Suid-Afrika handhaaf – hulself aan hul skoenrieme

opgetrek het?” Hy gaan dan verder en reageer op diegene wat aanvoer

dat hulle “niks aan enigiemand te danke het nie.” Hy wys op die

voorregte wat apartheid vir wit mense gebring het. “Apartheid was ’n

stelsel van staatsosialisme wat feitlik volledig afgestem was op die

bevoorregting van Afrikaners. Ook die ouers en voorouers van jong wit

mense wat geen aantoonbare aandeel in die vestiging en bestendiging

van hierdie stelsel gehad het nie, het dit wel gehad, en hulle is dus ’n

produk daarvan.”

Daar is ook ander Du Toit’s wat anders dink oor apartheid. Een van hulle is Fanie du

Toit, die Uitvoerende Direkteur van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening. Hy

beskryf apartheid soos volg: “Apartheid denied the human dignity of black South

Africans in the way it failed, as a system, to recognise political, economic and social

rights for all. For this reason the United Nations declared apartheid a crime against

humanity” (Du Toit 2011:elektroniese bron).

In terme van Weingarten se kwadrante – soos verduidelik in hoofstuk twee – verkeer al

bogenoemdes in die swart kwadrant. Hulle is onbewus van enige negatiewe impak wat

apartheid op enigeen sou hê. Die vraag oor hulle vermoë om iets aan die stelsel te

verander, kom nie eers by hulle op nie. In die volgende afdeling word nog ʼn standpunt

bespreek wat ook in die swart kwadrant lê. Hier word, behalwe vir die ontkenning van

enige negatiewe gevolg van apartheid, ook geredeneer dat wit Afrikaners onmagtig

was om iets daaraan te verander.

4.1.2 “Dis wetgewing se skuld”

In 1998 blameer Mike [2-265] die wetgewing wat bestaande gebruike verpligtend

gemaak het. In 2012 herhaal hy hierdie standpunt as hy praat oor die beleid van

apartheid: Dit was in elk geval daar; ons het net ’n wet daarvan

gemaak en toe is almal ongelukkig daaroor [Mike 10-248] en dan bevestig

hy dit met jy kon nie teen die wet optree nie [Mike 10-260]. Wanneer hy

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!