25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p77

In die afdeling hierbo is aangetoon dat wit mense dikwels hulle situasie van armoede

toeskryf aan regstellende aksie. Hoewel dit so is dat sommige wit mense hulle werk

verloor en daarom in armoede beland het, is daar twee faktore wat in hierdie verband

in ag geneem moet word. Die eerste is die algehele agteruitgang in die ekonomie in

Suid-Afrika oor die afgelope aantal jare wat ook saamhang met die wêreldwye resessie

(Van Rooyen 2012:elektroniese bron). Baie wit mense – en saam met hulle ʼn nog

groter groep swart mense – verloor dus hulle werk bloot as gevolg van ekonomiese

faktore wat geensins aan ras gekoppel kan word nie.

Die tweede faktor om in ag te neem is dat swart ekonomiese bemagtiging juis poog om

ʼn regstelling te wees van ʼn sisteem wat vir dekades reeds skeefgetrek was ten gunste

van wit mense. Reeds in die aanvanklike onderhoude het die mede-navorsers dit al

raakgesien. Danie [2-200] sê Die Wysigingswet op Myne en Bedrywe van

1926, het werkreservering op 'n kleurbasis baie strenger gemaak

en Isak [5-577] praat van baie blankes wat voorheen net kon instap en

maklik werk kry, kry dit nie meer so maklik nie... Soos Puttergill

(2008:77) dit saamvat: “Affirmative action threatens institutionalised privileges whites

accept as natural.”

Wilson (2011:11) sluit aan by hierdie tema van werkreservering vir wit werkers ten

koste van swarte werkers: “already in the 1870s, black workers were treated differently

from whites.” Dit was egter in die tydperk ná die Anglo-Boere-oorlog waar “a systematic

list of jobs to be reserved for whites was negotiated by the skilled (all-white) trade

unions.” Sy gaan dan voort:

“It is not necessary to repeat here the long woeful record of systematic

discrimination against black workers, men and women, in the years and

decades that followed. This took many forms and was organised

sometimes by white workers, sometimes by white government,

sometimes by white management – and often by some combination of

the three. Job reservation on the mines, ‘civilised labour’ policy on the

railways, pass law restrictions on mobility and a myriad of other laws

and customs prevented black South Africans from gaining experience

and higher incomes in an expanding industrial economy in the way that

their white compatriots were able to do through the century” (Wilson

2011:11).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!