25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p15

Wetend of onwetend het wit Afrikaners die ellende van miljoene veroorsaak, en die

dood van baie (Coleman 1998). Wit Afrikaners kan hulle rol in die “ou” Suid-Afrika nie

ontken of ongedaan maak nie. In dieselfde asem moet ook erken word dat hierdie

groep 'n belangrike rol het om te speel in die sukses van die nuwe Suid-Afrika. Dit

verklaar die destydse president Nelson Mandela se uitnodiging "for the full participation

of the DRC and the Afrikaner community in the reconstruction of a just and democratic

society" (Villa-Vicencio & Niehaus 1995:8).

Die voorsitter van die WVK, aartsbiskop Desmond Tutu, luister na die voorlegging van

die Vryheidsfront wat praat “vanuit die perspektief van die etniese Afrikaners wat

hulleself nie kan... losmaak van hulle verlede nie” (Viljoen 1997) en maak dan hierdie

opmerking oor die noodsaak van versoening: "Reconciliation is a national project.

Every South African who loves this country must know that this is something to which

they must be committed, for which they must work" (Tutu 1997).

Sedert die aanvanklike navorsing is daar heelwat geskryf wat relevant is vir hierdie

studie. Hierdie nuwer bronne word verderaan bespreek in die afdeling oor die

literatuurstudie.

4.3 Die uitdaging aan die kerk

Wat waar is van die breë gemeenskap, is soveel te meer waar van die kerk as die

gemeenskap wat God se genade sigbaar maak. Hoe kan wit Christene hulle swart

broers en susters in Christus in die oë kyk op die pad wat hulle saam loop in die nuwe

Suid-Afrika? Dreyer (1996:183) sê tereg dis die uitdaging van die kerk om haar lidmate

die geleentheid te gee om nuwe identiteite en nuwe rolle te definieer in die nuwe

bedeling. Meiring (1998:21), wat lid van die WVK was, sluit hierby aan as hy van die

NG Kerk vra om genesing te bewerk deur die hou van mini-WVK’s waar mense hulle

stories kan kom vertel. Die skep van nuwe rolle en die definiëring van nuwe identiteite

kom egter nie oornag nie, en waar dit nog gepaard gaan met erkenning van die

benadeling van ander in die verlede, is dit 'n groot prys om te betaal waarvoor nie almal

kans sien nie.

Baie wit Suid-Afrikaners verkies reeds jare lank om eerder die land te verlaat om

sodoende die aanpassing in die nuwe situasie vry te spring (Rapport 1997:23). Só

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!