25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p310

Sien die NG Kerk kans om sy lidmate op dié pad te begelei? Om self

die pad te loop? Om die hand in eie boesem te steek, om sy eie

bevoorregte posisie te heroorweeg, om sy eiendomme so aan te wend

dat almal in die samelewing die voordeel daarvan trek? Om sy lidmate

aan te moedig om hulle hande ter wille van reparasie en restitusie diep

in hulle sakke te steek?

Die NG Kerk sal lidmate vanuit ʼn geloofsperspektief hieroor moet aanspreek en

begelei. Dit mag nie maar ʼn blote politieke debat wees nie. Naudé (2003:145)

onderstreep ook die punt dat die debat ʼn teologiese een moet wees. Só ʼn debat kan

volgens hom net een uitkoms hê:

We as Reformed theologians can and must therefore insist on

restorative justice in a moral and material sense... If theological

reflection does not enable restorative justice, such reflection is – in the

South African context – interesting, but worthless. If there were ever a

test case for sola gratia, this is it.

Hoe moet restitusie in die praktyk lyk? Een van die vorme waarin die regering probeer

om herstellende geregtigheid te verpak, is regstellende aksie. Selfs al sou die beginsel

reg wees, word dit nie deur alle mense verwelkom nie.

8.3 Regstellende aksie as restitusie in beginsel en praktyk

In ʼn omvattende artikel oor nasiebou, skryf Neville Alexander (2010:elektroniese bron):

“Die feit dat die apartheidregering nie [geweldadig] omvergegooi was nie, is die eintlike

rede vir die strategie van regstellende aksie.” Juis die feit dat gekies is vir ʼn ordelike

oorgang sonder geweld, noodsaak die proses van regstellende aksie. Die herverdeling

van rykdom wat in ʼn oorlogsituasie met geweld gepaard gaan, moet in post-apartheid

Suid-Afrika onderhandel en bestuur word. Hierdie tema kom wel van tyd tot tyd na vore

in die kerkgemeenskap.

ʼn Groep kerkleiers reik ʼn verklaring uit na aanleiding van die ANC se eeufeesvieringe.

Hierin spreek hulle die behoefte uit vir “closing the gap between the richest and the

poorest in South Africa.” Hulle skryf:

We have started some initiatives in this regard, where we will urge

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!