25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p102

dat dit nie gaan oor wie, of waar, of hoe dit bely is nie, maar dat iemand dit enigsins

waag om te sê dat daar fout is met apartheid. Hierdie selfde kritiek sou ook by die

kerkraad van Welkom-Suid Gemeente ter sprake kom soos reeds in hoofstuk een

aangedui is (Ned. Geref. Gemeente Welkom-Suid 1991).

Aangesien Jonker se belydenis nie vooraf uitgeklaar is met die amptelike

afgevaardigdes van die NG Kerk nie, het hulle koppe bymekaar gesit en toe ʼn

verklaring voorberei wat aan die begin van die volgende dag se sessie voorgelees is

(Gaum 2006:elektroniese bron). Dit het so gelui:

Die amptelike afvaardiging van die NG Kerk wil dit onomwonde stel dat

ons ons volledig vereenselwig met die verklaring van prof. Jonker oor

die posisie van hierdie kerk. Hy het op stuk van sake die besluite van

ons algemene sinode weergegee. Ons wil graag die besluite van die

sinode as die basis van versoening met alle mense en alle kerke

beskou.

Oor hierdie verklaring is daar net soveel stof opgeskop. Ontstoke lidmate en leraars

wat niks gesê het oor die besluite van die Algemene Sinode nie, het nou hewige kritiek

geuiter. Selfs oud-president PW Botha het Pieter Potgieter twee keer vanaf sy

strandhuis in die Wildernis gebel om hom te roskam oor die verklaring (Gaum

2006:elektroniese bron). Die NG Kerk se eie Algemene Sinodale Kommissie het ʼn

middernagtelike vergadering gehou en probeer koue water gooi op die Rustenburgse

gebeure (Gaum 2006:elektroniese bron).

Ook Tutu moes kritiek verduur omdat hy die NG Kerk se skuldbelydenis aanvaar het.

Sy verweer was eenvoudig: As skuld bely word, vergewe die Here – en so moet

Christene mekaar ook vergewe. Tot sewentig maal sewe keer, het die Here Jesus gesê

(Gaum 2006:elektroniese bron).

Vanuit die geledere van die NGKA en die Sendingkerk was daar ook besware teen die

aanvaarding van die NG Kerk se skuldbelydenis. Die moderator van die Sendingkerk,

ds. Apollis, se uitlating dat die NG Kerk nie werklik bedoel wat hulle sê nie en

“meesters is van die kuns om met woorde te speel” sou nie alleen baie publisiteit

ontvang nie (Gaum 1997a:55), maar sou jare later dikwels weer gehoor word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!