25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p70

sleg is [Elsa 1-394]. Sy het op ’n stadium vir haar ma daarna gevra sonder om ’n

bevredigende antwoord te kry: hulle het op daardie stadium gesê die

swartes is slegter. En ek het met daardie idee grootgeword

[Elsa 1-428].

Dit was ook hierdie siening wat Verwoerd beweeg het om in 1954 te verklaar dat dit

absurd is om wiskunde aan swart kinders te leer en dat daar geen plek vir ʼn swart

mens bo ʼn bepaalde vlak van arbeid nie (Giliomee 1998:16). Hierdie verklaring was die

inleiding tot "een van die geskiedenis se gemeenste intellektuele onderdrukkings van

ander mense” (Swanepoel 1997:89).

Die groot ideaal was ʼn Suid-Afrika sonder enige swart burgers (Giliomee 1998:12). “In

the 1948 election, and for years thereafter, apartheid involved a crude exploitation of

racial prejudice and white fear of black majority rule” (Serfontein 1982:7). Tydens een

van die gesprekke sluit Johan hierby aan as hy sê:

Die hele rede waarom apartheid op die wetboeke gekom

het, was bedreiging: die witman het bedreig gevoel

dat hy nie meer geleenthede in hierdie stuk

grondgebied gaan hê nie. Dit het 'n lang aanloop

gehad, maar ons was bedreig en daarom het hulle gesê

liewers ons op ons eie [Johan 4-286].

Hierdie vrees vir swart mense, saam met die geleentheid om te regeer, was ʼn groot

faktor in die vorming van die beleid van apartheid deur die wit Afrikaners. Nou was dit

moontlik om wetlik ʼn beleid daar te stel wat die wit Afrikaner kon beskerm. Swart

mense is gesien as goedkoop arbeid [Albert 4-489] en as ʼn arbeidsinstrument

[Albert 3-181] en hulle is ontmoedig om te hoog te mik in die lewe.

Selfs in die NG Kerk is soortgelyke klanke gehoor. Terwyl Blignaut (1929:14) sê die

“Naturel is die Inboorling van die land en die teenwoordige geslag van blanke

Afrikaners is eweëens (sic) hier gebore” sê die voorsitter van die Manne Sending Bond,

J.P. van der Spuy (1929:8) “die naturelle, die heidene, is hier in ons land...”. Suid-Afrika

is duidelik beskou as behorende aan die wit mense. Volgens Johan het Albert Lethuli

destyds vir dr. D.F. Malan versoek om die land op te deel, maar sy antwoord was:

hierdie land is die blankes s’n [Johan 4-517]. Die vrees was altyd

daar dat ons Westerse beskawing in SA oorspoel sou word deur

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!